[go: up one dir, main page]

2002 Bali-bomaanvalle

Die 2002 Bali-bomaanvalle het op 12 Oktober 2002 in die toeristedistrik Kuta, Bali, Indonesië plaasgevind. Die aanval is gedoen deur lede van Jemaah Islamiyah, 'n Islamitiese terreurgroep en 'n bondgenoot van Al-Kaïda.

Die Bali-bomaanvalle gedenkteken.

Aanval

wysig

Lede van die Jemaah Islamiyah-terreurgroep het twee bomme in die volgepakte Sari Club en Paddy's Pub laat ontplof.[1] Altesaam 202 mense is in die ontploffings dood, waarvan 88 Australiëers was. Twee Suid-Afrikaners het ook gesterf. 'n Derde bom het rondom dieselfde tyd buite die Amerikaanse konsulaat in Denpasar, Bali ontplof.[1]

Gevolge

wysig

Kort ná die bomontploffings het die Indonesiese polisie verskeie lede van Jemaah Islamiyah gearresteer.[2] Imam Samudra, Amrozi Nurhasyim en Huda bin Abdul Haq is skuldig bevind en in November 2008 deur 'n vuurpeloton tereggestel.

Op 19 Januarie 2022 is Arif Sunarso, ook bekend as Zulkarnaen, gevangenisstraf van 15 jaar opgelê vir sy aandeel aan die Bali-bomaanvalle.[3] Zulkarnaen het vir 18 jaar lank inhegtenisneming ontduik en is in Desember 2020 in Lampung, Indonesië gearresteer.[3]

Sterftes volgens nasionaliteit

wysig
Land Aantal sterftes[4]
Vlag van Australië  Australië 88
Vlag van Indonesië  Indonesië 38
Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk 23
Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 7
Vlag van Duitsland  Duitsland 6
Vlag van Swede  Swede 6
Vlag van Nederland  Nederland 4
Vlag van Frankryk  Frankryk 4
Vlag van Denemarke  Denemarke 3
Vlag van Switserland  Switserland 3
Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland 2
Vlag van Brasilië  Brasilië 2
Vlag van Kanada  Kanada 2
Vlag van Japan  Japan 2
Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika 2
Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 2
Vlag van Ecuador  Ekuador 1
Vlag van Griekeland  Griekeland 1
Vlag van Republiek Ierland  Ierland, Republiek van 1
Vlag van Italië  Italië 1
Vlag van Pole  Pole 1
Vlag van Portugal  Portugal 1
Vlag van Republiek van China  Taiwan 1
Onbekend 2
Totaal 202

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig