1848
jaar
1848 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1843 | 1844 | 1845 | 1846 | 1847 | ◄ 1848 ► | 1849 | 1850 | 1851 | 1852 | 1853 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1848 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Andries Pretorius | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1848 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- 12 Januarie – Revolusie breek uit in Sisilië tydens die Revolusiejaar 1848.
- 24 Januarie – James W. Marshall ontdek goud by Sutter's Mill in Coloma, Kalifornië, wat lei tot die Kaliforniese Goudstormloop.
- 2 Februarie – Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Guadalupe Hidalgo wat aan die VSA die Meksikaanse Oordrag toeken.
- 3 Februarie – Harry Smith annekseer die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier.
- 8 April – Andries Pretorius vaardig sy "Een Algemene Oproeping" uit waarin die Voortrekkers opgeroep word tot gewapende stryd teen die Britse owerheid.
- 29 Mei – Wisconsin word die 30ste deelstaat van die Verenigde State.
- 20 Junie – Andries Pretorius word as Kommandant-generaal verkies.
- 12 Julie – Andries Pretorius gaan Winburg binne met 'n groot gewapende mag.
- 22 Julie – Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot rebel.
- 29 Augustus – Die Slag van Boomplaats vind plaas.
- 3 November – 'n Veranderde Hollandse grondwet word geproklameer. Die koninklike mag word beperk.
- 24 November – Pous Pius IX vlug uit Rome na Gaeta.
- Die Kongres van Wene erken die onafhanklikheid van Switserland en waarborg sy neutraliteit.
Geboortes
wysig- 23 Mei – Otto Lilienthal, Duitse lugvaartpionier († 1896).
- 18 Julie – W.G. Grace, 'n Engelse mediese doktor en krieketspeler († 1915).
- 7 November – B.B. Comer, Amerikaanse planter, entrepreneur en Demokratiese politikus († 1927).
- 8 November – Gottlob Frege, Duitse wiskundige wat 'n logikus en filosoof geword het († 1925).
Sterftes
wysig- 9 Januarie – Caroline Herschel, Duits / Engelse sterrekundige en sangeres (* 1750).
- 20 Januarie – Christiaan VIII van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1786).
- 23 Februarie – John Quincy Adams, die sesde President van die Verenigde State (* 1767).
- 4 Julie – François-René de Chateaubriand, Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige (* 1768).
- 12 Augustus – George Stephenson, Britse uitvinder († 1781).
- 23 November – Sir John Barrow, Engelse ontdekkingsreisiger (* 1764).
- 19 Desember – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights (* 1818).