Bosveldkwarteltjie
Bosveldkwarteltjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. sylvaticus
|
Binomiale naam | |
Turnix sylvaticus Desfontaines, 1789
|
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Die Bosveldkwarteltjie (Turnix sylvaticus) is 'n standvoël wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal. In Engels staan die voël bekend as die Common buttonquail.
Die voël leef van insekte en saadjies en woon op hoë grasvelde, ou landerye en oop savanne van die bosveld.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Hierdie klein kwarteltjie is werklik moeilik om raak te sien, aangesien hy bly sit in sy wegkruipplek en op die laaste oomblik laag sal opvlieg om te vlug. Hy het gestreepte sandbruin bo-dele, 'n dowwe onderkant, swart flankmerke en 'n vaal gesig. Die twee geslagte lyk eenders, maar jongelinge het meer kolletjies aan die onderlyf.
Die hennetjie roep met 'n diep "hoem-hoem-hoem" en die mannetjie antwoord met "kêk-kêk-kêk".
Voortplanting
[wysig | wysig bron]Die hennetjie begin die vlerksleepproses en bou dan 'n nessie op die grond. Die nessie is 'n klein pakkie gras wat in 'n natuurlike holte geplaas word. Die haantjie bebroei die gespikkelde eiers wat gewoonlik vier is; en versorg die kuikens, wat kan hardloop sodra hulle uitgebroei het. Die broeiseisoen is van Junie tot September.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Turnix sylvaticus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Bronne
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |