[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Tetis (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Tethis (maan))
Tetis   

Tetis, soos afgeneem deur die Cassini-wenteltuig in 1981.
Ontdekking
Ontdek deur Giovanni Cassini
Datum 21 Maart 1684
Alternatiewe nameSaturnus III
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 294 619 km
Wentelperiode 1,887 802 dae
Baanhelling 1,12° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 1076,8 × 1057,4 × 1052,6 km[1]
Gem. radius 531,1 ± 0,6 km
(0,083 Aardes)[1]
Massa (6,174 49 ± 0,001 32)×1020 kg[2]
(1,03×10-4 Aardes)
Gem. digtheid 0,984 ± 0,003 g/cm³ [1]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,147 m/s²
Ontsnapping-
snelheid
0,394 km/s
Rotasieperiode sinchronies[3]
Ashelling geen
1,229 ± 0,005 (geometries)[4]
0,80 ± 0,15 (bond)[5]
0,67 ± 0,11 (bolometrese bond)[6]
Temperatuur 86 ± 1 K[7]
Skynmagnitude 10,2[8]
Die impakkrater Odysseus soos opgeneem deur die Cassini-Huygens-wenteltuig op 21 Julie 2007.
Die vallei Ithaca Chasma soos opgeneem deur die Cassini-Huygens-wenteltuig op 24 September 2005.

Tetis (Grieks: Τηθύς; ook Saturnus III) is 'n natuurlike satelliet van die planeet Saturnus. Die maan is vernoem na die Titaan Tetis, die vrou van Okeanos, en is op 21 Maart 1684 ontdek deur Giovanni Cassini, saam met Dione.

Net soos die mane Dione en Rea is Tetis 'n ysliggaam. Dit kan afgelei word uit sy digtheid: 1,21 g/cm3. Tetis se oppervlak het talle kraters wat deur meteoriete veroorsaak is. Die gemiddelde temperatuur op die oppervlak van die maan is -187°C.

In die westelike halfronde is daar 'n reusekrater genaamd Odusseus, met 'n deursnit van 400 kilometer. Die bodem van krater is egter redelik vlak en vorm 'n konveks, parallel met die kromming van Tetis self. Die deursnit van Tetis is 1600 km.

'n Tweede geologiese verskynsel is die vallei Ithaca Chasma, wat 'n diepte van 3 tot 5 km het, 'n breedte van 100 km en 'n lengte van 2000 km. Daar word aangeneem dat die vallei ontstaan het toe die kern van Tetis gevreis het: die ys het uitgesit en die mantel van die maan geskeur. Dit is ook moontlik dat die impak wat Odysseus veroorsaak het 'n skokgolf veroorsaak het wat die mantel aan die ander kant van die maan geskeur het, en sodoende die vallei geskep het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]