R358 (Suid-Afrika)
Voorkoms
Streeksroete R358 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidpunt | N7 noord van Bitterfontein | |||
R355 N14 | ||||
Noordpunt | Onseepkans | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Kliprand Pofadder | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R358 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die N7-nasionale pad, net noord van Bitterfontein, met die Namibiese grens verbind by Onseepkans via Pofadder. Nadat die roete begin het gaan dit deur Rooiwalspoort en word dan medebeskryf met die R355-streeksroete vir 16 km vanaf Kliprand. Daarna hou die roete noordoos tot by die nedersetting Houmoed en swaai noordwes. Na 25 km maak dit 'n verspringende kruising met die N14 by Pofadder. Hierna gaan die pad noordwaarts en bereik Onseepkans, 50 km verder waar dit eindig.