[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Pointe du Hoc

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van Pointe du Hoc wat Duitse posisies aandui

Pointe du Hoc is 'n koppie (30m) en die hoogste punt tussen Utah- en Omahastrande in Normandië. Dit was 'n strategiese doelwit vir die Geallieerdes op D-dag tydens die Tweede Wêreldoorlog omrede hul intelligensie aangedui het dat daar ses 155-mm kanonne op die koppie was. Hierdie kanonne was 'n groot bedreiging vir die magte wat by die twee strande geland het en moes buite aksie gestel word. Van die bokant van die koppie was daar 'n afgrond na onder wat op 'n nou strand eindig. Die Amerikaanse Rangers het die taak gehad om die kanonne uit aksie te stel.

Verloop van landing

[wysig | wysig bron]

Die troepe was veronderstel om om 6:30 aan wal te gaan net nadat die Amerikaanse slagskip die U.S.S. Texas die Duitse stellings gebombardeer het met sy skeepskanonne. Om 07:00 moes die eerste golf 'n fakkel vuur as teken dat die wande van die afgrond bestyg is sodat 'n 500-man ondersteuning span kan volg met hulle landing. Maar die eerste golf land eers om 07:10 nadat die landingskepe deur die stroom meegevoer was en tyd verlore gegaan het om die landingskepe op koers te kry. Dus was die verwagte fakkel nie om 07:00 gevuur nie en die 500-man ondersteuning span is na Omaha-strand toegewys. Die vertraging gee ook die Duitse magte kans om te hergroepeer na die bombardering.

Die amfibiese vaartuie met 75 voet lere op was onbruikbaar omrede hulle nie uit die water kon kom nie. Die eerste golf manskappe vuur vuurpyle af met gryphake na die rant van die afgrond. Die Rangers verduur egter intense vuur vanaf die Duitsers; hulle gooi handgranate en sny die klimtoue. Die twee torpedojaers U.S.S. Satterlee en H.M.S. Talybont sien die Rangers se dilemma en vuur op die Duitse stellings op kort afstand. Terselfdertyd vuur die soldate op die nou strand mortiere op die Duitse stellings. Die gesamentlike poging dryf die Duiters weg van die rant van die afgrond en gee die Rangers kans om die afgrond te bestyg. Om 07:15 was hulle bo en om 07:30 was daar 200 manskappe bo.

Nadat hulle die gekamoefleerde skuilplekke van die kannone bestorm het en die kamoeflerrings nette verwyder vind hulle geen kanonne nie maar slegs telefoon pale. Hulle sien egter spore van die kanonne, volg dit en vind die kanonne 'n entjie verder weg in 'n appelboord - onbewaak. Hulle stel die kanonne buite aksie. Om 09:00 kon die Rangers die teken gee dat die doelwit bereik is op Pointe du Hoc.

Teen die middag het die Duitsers begin met teenaanvalle wat die Rangers afgeslaan het teen koste van ongevalle en gewondes. Toe die Ranger bevelvoerder vra vir hulp is hy meegedeel dat sy versterkings na Omaha-strand herlei is. Eers op 8 Junie is die Rangers afgelos; teen daardie tyd was daar nog net 90 soldate van 255 oor wat kon veg.