[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Sabyne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Amiternum, antieke stad wat deur die Sabyne gestig is.
'n Kaart wat die gebied van die Sabyne aandui. Die grens met Lazio na die suide was die Aniene-rivier; dit is egter moontlik dat die Sabyne se gebied gestrek het tot die antieke Regillus-meer naby Gabii.
Etnolinguïstiese kaart van Italië in die Ystertydperk, voor die Romeinse uitbreiding en verowering van Italië.

Die Sabyne (Latyn: Sabini) was 'n Italiese stam wat gewoon het in die sentrale Apennyne (vandaar die naam Sabina, 'n streek in Lazio), 'n streek van die antieke Italiaanse skiereiland. Dit het Lazio noord van die Aniene-rivier (voorheen bekend as die Teverone) ingesluit.

Die Sabyne het in twee bevolkings verdeel net ná die stigting van Rome, volgens die bekende legende. Die verdeling van die Sabyne is egter nie 'n legende nie. Die deel van die bevolking nader aan Rome het homself na die nuwe stad oorgeplant en verenig met die bestaande burgery. Die tweede deel van die bevolking het 'n bergstam gebly, en het uiteindelik teen Rome oorlog gevoer vir sy onafhanklikheid saam met al die ander Italiese stamme. Daarna het dit in die Romeinse Republiek geassimileer geraak.

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die Sabyne is direkte afstammelinge van die antieke Umbriërs en behoort tot dieselfde etniese groep as die Samniete en die Sabelli (Sabbelyne), soos gestaaf deur die algemene etnoniem Safineis (in Oudgrieks σαφινείς) en deur die toponieme safinim en safina (dit lê aan die oorsprong van die gebiedsterme Samnium en Sabinum).[1] Die Indo-Europese wortel Saβeno of Sabh het ontwikkel tot die woord Safen, wat later Safin geword het. Van Safinim, Sabinus, Sabellus en Samnis, kan 'n Indo-Europese wortel verkry word: sabh-, wat in Latyns-Faliskies Sab- geword het, en in Oskies-Umbries Saf-: Sabini en Safineis.[2]

Op 'n stadium in die voorgeskiedenis het 'n bevolking wat 'n gemeenskaplike taal gepraat het oor beide Samnium en Umbrië uitgebrei. Salmon vermoed dat die taal 'n algemene vorm van Italies was, en stel 'n datum van 600 v.C. voor, waarna die algemene taal in dialekte begin verdeel het. Hierdie datum stem nie noodwendig ooreen met enige historiese of argeologiese bewyse nie; die ontwikkeling van 'n sintetiese siening van die etnologie van proto-historiese Italië is 'n onvolledige en deurlopende taak.[3]

Die taalkundige Julius Pokorny neem die etimologie ietwat verder terug. Hy vermoed dat die -a- van 'n -o- verander is tydens een of ander prehistoriese tyd in Illirië. Die resultaat is 'n stel Indo-Europese stamname: Germaans: Suebe en Semnone, Svear; Kelties: Senone; Slawies: Serwiërs en Sorbe; Italies: Sabelli, Sabini, ens., sowel as 'n groot aantal soortgelyke terme.[4]

Historiese geografie

[wysig | wysig bron]

Latynse sprekers het die Sabyne se oorspronlike gebied, wat die moderne streke van Lazio, Umbrië en Abruzzo omvat, Sabinum genoem, en die antieke stam se naam leef voort in die Italiaanse vorm Sabina. Binne die moderne streek Lazio (of Latium) is Sabina 'n substreek, geleë noordoos van Rome, om en by die moderne stad Rieti.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Oorsprong en vroeë geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Sabyne het hulle rondom die 10de eeu v.C. in Sabinum gevestig en die stede Reate, Trebula Mutuesca en Cures Sabini. gestig[5][6] Dionusios van Halikarnassos maak melding van die Sabyne in verband met die Aborigines, van wie die Sabyne blykbaar hul hoofstad, Lista, oorgeneem het tydens 'n verrassingsaanval vanuit Amiternum.[7] Antieke historici het oor die spesifieke oorsprong van die Sabyne kop gekrap. Volgens Strabo het die Sabyne, na 'n lang oorlog met die Umbriërs, na die gebied van die Opici gemigreer, in navolging van die antieke Italiese ritueel van Ver Sacrum (Ver sacrum ("heilige fontein") was 'n godsdienstige praktyk van die antieke Italiese stamme, vernaam die Sabelli [8] (of Sabini[9]) en hul opvolgers, die Samniete. Dit was veral van belang vir Georges Dumézil. Volgens hom was ver sacrum 'n voortsetting van die migrasiegewoontes van die Indo-Europeërs aan die einde van die Ystertydperk, toe stabiele woontoestande reeds wydverspreid was). Die Sabyne het hierna die Opici verdryf en in die streek begin woon.[10] Zenodotus van Troezen het beweer dat die Sabyne oorspronklik Umbriërs was wat hul naam verander het nadat hulle deur die Pelasgers uit die Rieti-gebied verdryf is. Porcius Cato het aangevoer dat die Sabyne vernoem is na Sabus, die seun van Sancus ('n godheid van die gebied wat soms Jupiter Fidius genoem is).[11] In 'n ander verslag wat in Dionysius se werk genoem word, het 'n groep Lacedaemoniërs van Sparta gevlug aangesien hulle die wette van Lycurgus as te streng beskou het. In Italië het hulle die Spartaanse kolonie Foronia (naby die Pomentynse vlaktes) gestig, en sommige groepe van die kolonie het hulle onder die Sabyne gevestig. Volgens die verslag was dit bekend dat die Sabynse gewoontes van oorlogvoering (aggressiewe of oorlogsagtige gedrag) en spaarsaamheid (omsigtigheid om vermorsing te vermy) by die Spartane aangeleer is.[12] Plutarchus maak in "Die "Lewe van Numa Pompilius" melding van "Sabyne wat verklaar dat hulle 'n kolonie van die Lacedaemoniërs is". Plutarchus het ook geskryf dat Pythagoras van Sparta, wat die Olimpiese oorwinnaar in die wedloop was, Numa gehelp het om die stad te bestuur en van baie Spartaanse gebruike wat deur hom aan Numa en die mense bekendgestel is.[13]

In Rome

[wysig | wysig bron]

Legende van die Sabynse vroue

[wysig | wysig bron]

Volgens legende het die Romeine Sabynse vroue ontvoer om die nuutgeboude Rome te bevolk. Die gevolglike oorlog het slegs geëindig deurdat die vroue hulself en hul kinders tussen die leërs van hul vaders en mans ingewerp het. Die verkragting van die Sabynse vroue het 'n algemene motief in die destydse kuns geword; vroue wat die oorlog beëindig was 'n minder gereelde, maar steeds verskynende motief.

Volgens Livius het die Sabynse en Romeinse state ná die konflik saamgesmelt, en die Sabynse koning Titus Tatius het saam met Romulus oor Rome regeer tot Tatius se dood vyf jaar later. Drie nuwe centuria van Equites is in Rome bekendgestel, insluitend een genaamd Tatienses, ná die Sabynse koning.

'n Variasie van die verhaal word vertel in die pseudo-epigrafiese Sefer haYashar.

Tradisies

[wysig | wysig bron]

Volgens tradisie was die bevolking van die vroeë Romeinse koninkryk 'n resultaat van die samesmelting van Sabyne en ander inwoners. Sommige van die gentes van die Romeinse republiek was trots op hul Sabynse erfenis, soos die Claudia gens. Sommige spesifiek Sabynse gode en kultusse was in Rome bekend: Semo Sancus en Quirinus, en ten minste een gebied van die nedersetting, die Quirinaal, waar die tempels aan laasgenoemde gode geleë was, was eens die middelpunt van die Sabynse samelewing. Buitensporige aansprake deur Varro en Cicero dat towerkuns, waarsêery deur drome en die aanbidding van Minerva en Mars ontstaan het met die Sabyne is betwisbaar, aangesien dit algemene Italiese en Latynse gebruike was, sowel as Etruskies, al is dit voorgestaan deur Numa Pompilius, tweede koning van Rome en 'n Sabyn.[14]

Religie

[wysig | wysig bron]

Sabynse gode

[wysig | wysig bron]
Standbeeld van Semo Sancus by sy heiligdom by die Quirinaal

Baie van hierdie gode is gedeel met die Etruskiese godsdiens en is aangepas by die afgeleide Samnitiese godsdiens en antieke Romeinse godsdiens. Die Romeinse skrywer Varro, wat self van Sabynse afkoms was, gee 'n lys van Sabynse gode wat aangeneem is deur die Romeine.[15] Elders beweer Varro dat Sol Indiges – wat 'n heiligdom gehad het by Lavinium – van Sabynse oorsprong was. Hy stel hom egter terselfdertyd gelyk aan Apollo.[19][20] Van dié wat gelys is, skryf hy, "het verskeie name hul wortels in albei tale, net soos bome wat op 'n grenslyn groei in beide velde kruip. Van Saturnus kan daar byvoorbeeld gesê word dat dit 'n ander oorsprong hier het, en so ook Diana."[lower-alpha 6]

Varro maak verskeie bewerings omtrent Sabynse oorspronge in sy werke, met sommige wat meer waarskynlik as andere is, en sy lys moet dus nie as vanselfsprekend en op sigwaarde aangeneem word nie.[21] Maar die belang van die Sabyne in die vroeë kulturele vorming van Rome word byvoorbeeld gestaaf deur die bruidontvoering van die Sabynse vroue deur Romulus se manne en in die Sabynse etnisiteit van Numa Pompilius, tweede koning van Rome, aan wie baie van Rome se godsdienstige en wetlike instellings toegeskryf word.[22] Varro vermeld egter dat die altare vir die meeste van hierdie gode in Rome gestig is deur Koning Tatius as gevolg van 'n gelofte (votum).[lower-alpha 7]

Staat

[wysig | wysig bron]

Tydens die uitbreiding van antieke Rome was daar 'n reeks konflikte met die Sabyne. Manius Curius Dentatus het die Sabyne in 290 v.C. verower.[23][24]

Prominente Sabyne

[wysig | wysig bron]

Gentes van Sabynse afkoms

[wysig | wysig bron]
  • Aemilia gens – Patrisiër
  • Aurelia gens
  • Calpurnia gens
  • Calvisia gens
  • Claudia gens – Patrisiër
  • Curtia gens – Patrisiër
  • Flavia gens
  • Ligaria
  • Marcia gens – Patrisiër
  • Minatia
  • Oppia gens – Patrisiër
  • Opsia gens
  • Ostoria gens
  • Pantuleia
  • Petronia gens
  • Pinaria gens
  • Pompilia gens
  • Pomponia gens
  • Poppaea gens
  • Quirinia gens
  • Rania gens
  • Rubellia gens
  • Sabinia gens
  • Safinia gens
  • Sallustia gens
  • Saturia gens
  • Sertoria gens
  • Sicinia gens
  • Tarpeia gens – Patrisiër
  • Tineia gens
  • Titia gens
  • Valeria gens – Patrisiër

Romeine van Sabynse afkoms

[wysig | wysig bron]
  • Titus Tatius, legendariese koning van die Sabyne
  • Numa Pompilius, legendariese koning van Rome
  • Ancus Marcius, legendariese koning van Rome
  • Quintus Sertorius, republikeinse generaal
  • Sextus Vettulenus Cerialis, Romeinse senator, militêre bevelvoerder en eerste legaat van Judea
  • Appius Claudius Sabinus Regillensis, stigter van die Romeinse patrisiërshuis van Claudia gens
  • Gaius Sallustius Crispus, Romeinse skrywer
  • Marcus Terentius Varro, Romeinse geleerde
  • Vespasianus, Romeinse keiser en stigter van die Flaviese dinastie

Galery

[wysig | wysig bron]

Voetnote

[wysig | wysig bron]
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 1,17 1,18 1,19 1,20 1,21 1,22 1,23 Later deel geword van die antieke Romeinse geloof.[15]
  2. Vir Fides, sien ook Semo Sancus of Dius Fidius.
  3. God van oorlog.
  4. 4,0 4,1 God van die onderwêreldse vuur.
  5. God van donkerte.
  6. Latyn: e quis nonnulla nomina in utraque lingua habent radices, ut arbores quae in confinio natae in utroque agro serpunt: potest enim Saturnus hic de alia causa esse dictus atque in Sabinis, et sic Diana.
  7. Volgens Varro het Tatius altare opgerig aan "Ops, Flora, Vediovis en Saturnus; aan Sol, Luna, Vulcan en Summanus; en op soortgelyke wyse aan Larunda, Terminus, Quirinus, Vortumnus, die Lares, Diana en Lucina."

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Ambrosoli, Solone (1966). Rivista Italiana di NVMISMATICA e scienze affini (PDF) (in Italiaans). Pavia: Tipografia popolare. p. 70.
  2. Salmon 1967, p. 30.
  3. Salmon 1967, pp. 29–30.
  4. Pokorny 1959, pp. 882–884.
  5. Ecosostenibile (20 Februarie 2021). "I Sabini e l'agricoltura: origine, storia, leggende, pastorizia, coltivazioni". Un Mondo Ecosostenibile (in Italiaans). Besoek op 10 Desember 2021.
  6. Riposati, Benedetto (1985). Convegno di studio: Preistoria, storia e civiltà dei Sabini (in Italiaans). Centro di studi varroniani.
  7. Dionusios van Halikarnassos. "Boek I.14". Romeinse oudhede. Vier-en-twintig stade van die voorgenoemde stad af het Lista gestaan, die moederstad van die Aborigines, wat op 'n vroeër tydstip deur die Sabyne tydens 'n verrassingsaanval ingeneem is, nadat hulle in die nag daarteen opgeruk het vanaf Amiternum. (vryelik vertaal)
  8. Salmon, Edward Togo; Potter, T. W. (2015). "Sabelli". Oxford Classical Dictionary. Oxford University Press. p. 1303. doi:10.1093/acrefore/9780199381135.013.5643. ISBN 978-0-19-954556-8. Besoek op 2 Augustus 2022.
  9. Cornell, Tim J. (29 Maart 2012). "Sabini". In Hornblower, Simon; Spawforth, Antony; Eidinow, Esther (reds.). Oxford Classical Dictionary (4th uitg.). p. 1304. ISBN 978-0-19-954556-8.
  10. Strabo, Geografie, boek 5, 7 BCE, bl. 250, Alexandrië,
  11. Dionusios van Halikarnassos. "Boek II.49". Romeinse oudhede. Maar die geskiedkundige Zenodotus van Troezen vermeld dat die Umbriërs ('n inheemse ras) aanvanklik in die Rieti-vallei, soos dit genoem word, gewoon het, en dat hulle, van daar af verdryf deur die Pelasgers, hul gevestig het in 'n nuwe woonplek en hul naam verander het saam met die verandering, van Umbriërs na dié van Sabyne. Porcius Cato vermeld egter dat die Sabynse ras sy naam gekry het van Sabus, die seun van Sancus, 'n god van daardie land, en dat hierdie Sancus deur sommige Jupiter Fidius genoem is. (vryelik vertaal)
  12. Dionusios van Halikarnassos. "Boek II.49". Romeinse oudhede. Daar is ook 'n ander weergawe van die Sabyne sover dit die geskiedenis van die inboorlinge betref, te wete, dat 'n kolonie Lacedaemoniërs hulle onder die Sabyne gevestig het in die tyd toe Lycurgus, beskermheer van sy neef Eunomus, sy wette aan Sparta gegee het. Die verhaal lui dat sommige van die Spartane, wat nie van die strengheid van sy wette gehou het nie en van die res geskei het, die stad heeltemal verlaat het, en nadat hulle deur 'n groot stuk see is, 'n gelofte aan die gode gemaak het dat hulle hul in die eerste land wat hulle bereik, sou vestig. Hulle het 'n groot verlange gehad na hul eie grondgebied. Uiteindelik het hulle beland in 'n deel van Italië wat hulle hul eie kon maak, naby die Pomentynse vlaktes. Hulle het die plek waar hulle die eerste keer geland het Foronia genoem, ter herinnering aan hulle reis deur die seë, en 'n tempel gebou vir die godin Foronia, aan wie hulle gebid het; hierdie godin is, deur die verandering van een letter, Feronia genoem. En sommige van hulle het van daar af weggetrek en onder die Sabyne gaan woon. Dit is om hierdie rede, sê hulle, dat baie van die gewoontes van die Sabyne Spartaans van aard is, veral hul voorliefde vir oorlog en hul spaarsaamheid en 'n erns in al die handelinge van hul lewens. Maar dit is genoeg oor die ras van die Sabyne. (vryelik vertaal)
  13. Plutarchus. "1". Numa. Pythagoras, the Spartan, who was Olympic victor in the foot-race for the sixteenth Olympiad (in the third year of which Numa was made king), and that in his wanderings about Italy he made the acquaintance of Numa, and helped him arrange the government of the city, whence it came about that many Spartan customs were mingled with the Roman, as Pythagoras taught them to Numa. And at all events, Numa was of Sabine descent, and the Sabines will have it that they were colonists from Lacedaemon. Chronology, however, is hard to fix, and especially that which is based upon the names of victors in the Olympic games, the list of which is said to have been published at a late period by Hippias of Elis, who had no fully authoritative basis for his work. I shall therefore begin at a convenient point, and relate the noteworthy facts which I have found in the life of Numa.
  14. Bunbury, Edward Herbert (1857). "Sabini". Dictionary of Greek and Roman geography II Iabadius – Zymethus. Boston: Little, Brown and Company. 
  15. 15,0 15,1 Varro, De Lingua Latina 5.74
  16. Woodard, Roger D. Indo-European Sacred Space: Vedic and Roman cult. p 184.
  17. Scheid, John (7 Maart 2016). "Venus". Oxford Classical Dictionary. Drukpers van die Universiteit van Oxford. doi:10.1093/acrefore/9780199381135.013.6730. ISBN 978-0-19-938113-5.
  18. Of Novensiles: die spelling -d- vir -l- is kenmerkend van die Sabynse taal
  19. Varro. De lingua latina. 5.68.
  20. Rehak, Paul (2006). Imperium and Cosmos: Augustus and the northern Campus Martius. University of Wisconsin Press. p 94.
  21. Clark, Anna. (2007). Divine Qualities: Cult and community in republican Rome. Oxford, VK: Drukpers van die Universiteit van Oxford. pp 37–38;
    Dench, Emma. (2005). Romulus' Asylum: Roman Identities from the Age of Alexander to the Age of Hadrian. Oxford, VK: Drukpers van die Universiteit van Oxford. pp 317–318.
  22. Fowler, W.W. (1922). The Religious Experience of the Roman People. Londen, VK. p 108.
  23. Velleius Paterculus 1.14.6
  24. Velleius Paterculus 1.14.7

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Antiek

[wysig | wysig bron]
  • Ovidius, Fasti (Boek III, 167–258)
  • Ovidius, Ars Amatoria (Boek I, 102)
  • Livius, Ab urbe condita (Boek I, 9–14)
  • Cicero, De Republica (Boek II, 12–14)
  • Plutarchus, Parallele Lewens (Romulus, 14–20)
  • Juvenalis, Satires (Boek III, 81–85)
  • Maras, Daniele F.; Michetti, Laura Maria; Smith, Christopher J.; Tassi Scandone, Elena (2023). Fontes antiqui Sabinorum. I Sabini e la Sabina nelle fonti letteraie greche e latine. Rome: L’Erma di Bretschneider. ISBN 9788891327437.

Modern

[wysig | wysig bron]

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Brown, Robert. "Livy's Sabine Women and the Ideal of Concordia." Transactions of the American Philological Association 125 (1995): 291–319. doi:10.2307/284357.
  • MacLachlan, Bonnie. Women In Ancient Rome: A Sourcebook. Londen: Bloomsbury Academic, 2013.