[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Nunavik

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Nunavik-streek

Nunavik  (Inuktitut: ᓄᓇᕕᒃ) bestaan uit die noordelike derde van Quebec-provinsie, Kanada in Kativik, 'n deel van die Nord-du-Québec-streek. Dit beslaan 'n gebied van 443 684,71km2 noord van die 55ste parallel, en is die tuiste van die Inuïete van Quebec. Meeste van die 12 090 inwoners, waarvan 90% Inuïete is, bly in veertien dorpies langs die kus of in die Cree-gereserveerde gebied (TC) van Whapmagoosti, naby die noordelike dorp van Kuujjuarapik.

Nunavik beteken "groot land" in die plaaslike Inuïtiese dialek, en die Inuïete van die streek noem hulself Nunavimmuit. Tot 1912 was die gebied deel van die Distrik van Ungava van die Noordwestelike Gebiede.

Onderhandelinge vir streeksoutonomiteit en die uitsortering van uitstaande grondeise het in die 2000's plaasgevind. Die streek se hoofstad sou Kuujjuaq gewees het. Onderhandelinge vir die bevordering van die Inuïete se politieke regte is steeds aan die gang. [1]

Geografie

[wysig | wysig bron]
Kuujjuamiuq of "mense van Kuujjuaq"

Nunavik is 'n enorme streek, groter as die staat Kalifornië in die Verenigde State, geplaas in die noordelikste dele van Quebec. Dit lê in beide die Arktiese en subarktiese klimaatstreke. Altesaam bly daar ongeveer 12 000 mense in Nunavik se gemeenskappe, en die totaal is besig om te groei.

Nunavik is verdeel vanaf die Nunavut-gebied deur Hudson-baai in die weste en die Hudson-seestraat en Ungava-baai in die noorde. Nunavik deel 'n grens met die Côte-Nord streek van Quebec en die Labrador-streek van die provinsie van Newfoundland en Labrador. Die Ungava-skiereiland vorm die noordelike twee-derdes van die streek.

Nunavik het veertien dorpe, bevolk deur 'n Inuit-meerderheid. Die hoofdorp en administratiewe sentrum in Nunavik is Kuujjuaq, op die suidelike kus van Ungava Baai; die ander dorpe is Inukjuak (waar die film Nanook of the North geskiet was), Salluit, Puvirnituq, Ivujivik, Kangiqsujuaq, Kangiqsualujjuaq, Kangirsuk, Tasiujaq, Aupaluk, Akulivik, Quaqtaq, and Umiujaq. Die dorpe se bevolking, volgens die 2011 sensus, wissel vanaf 2 375 in Kuujjuaq tot 195 in  Aupaluk.

Daar is geen padskakels tussen Nunavik en suidelike Quebec nie, maar die Trans-Taiga Pad van die Jamésie-streek eindig naby die 55ste parallel op die Caniapiscau Reservoir, 'n paar honderd kilometer suid van Kuujjuaq. Daar is 'n lugdiens tot alle dorpe jaarlank en seisoenale skeepsvaart in die somer en herfs. Dele van die binneland van suidelike Nunavik kan ook bereik word deur verskeie staproetes te volg wat noord gaan vanaf Schefferville.

Daar is drie bekende meteoorkraters in Nunavik: Pingualuitkrater, Couturekrater, en La Moineriekrater.

Gemeenskappe

[wysig | wysig bron]
Dorpies in Nunavik.
  • Akulivik
  • Aupaluk
  • Inukjuak
  • Ivujivik (Quebec se noordelikste gemeenskap)
  • Kangiqsualujjuaq
  • Kangiqsujuaq
  • Kangirsuk
  • Kuujjuaq (administratiewe sentrum)
  • Kuujjuarapik/Whapmagoostui (bikulturele gemeenskap van Inuïete en Cree)
  • Puvirnituq
  • Quaqtaq
  • Salluit
  • Tasiujaq
  • Umiujaq
  • Whapmagoostui/Kuujjuarapik

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. "Aboriginal Peoples in Canada in 2006: Inuit, Métis and First Nations, 2006 Census: Inuit: Inuit population: Young and growing" (in Engels). Statistics Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2008. Besoek op 11 April 2008.