Madagaskar-bontpaling
Voorkoms
Madagaskar-bontpaling | |
---|---|
'n Madagaskar-bontpaling | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. marmorata
|
Binomiale naam | |
Anguilla marmorata |
Die Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata) is 'n varswatervis wat in riviere van Madagaskar en aanliggende eilande voorkom. Dit kom ook voor in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Zambezirivier tot by die Oos-Kaap. Die paling is egter meer volop suid van die Limpoporivier. In Engels staan die vis bekend as die Giant mottled eel.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is dofgeel met donkerbruin of swart vlekke op en word tot 1.85 m lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 16.36 kg.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die paling verkies diep rotspoele om in te woon en is snags aktief. Die spesie eet graag krappe, paddas en ander vis.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Anguilla marmorata. |
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1