Hendrikus Pasch
Ds. Hendrikus Philippus Josef Pasch (ook gespel Hendricus Philippus Josephus, Amsterdam, Nederland, 2 Maart 1865 – Lindley, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika, 15 September 1936) was tussen 1908 en sy sterfjaar predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk.
Jong lewe
[wysig | wysig bron]Pasch is uit Katolieke ouers met name Gerardus Bartholomeus Pasch en Anna Martens gebore. Hy is gedoop in die Katolieke kerk van St. Nicolas in Amsterdam. Op 16 Mei 1878 word hy toegelaat tot die "Heilige Communie". Op ongeveer 19-jarige ouderdom emigreer hy, land op 6 Desember 1884 in Kaapstad, en begin as ingenieur werk in die republiek van OVS. Dit moes net ná hierdie tyd gewees het dat hy sterk onder invloed van die Gereformeerde Kerk gekom het en in dié Kerk belydenis van die geloof aflê. Hy gaan direk daarna na die Teologiese Skool Burgersdorp om opgelei te word as predikant, hoewel ds. N.H. van der Walt in sy lewensberig in die Almanak van 1938 skryf hy het hom ná die Driejarige Oorlog op Ladybrand gevestig en daar lidmaat van die Gereformeerde Kerk geword.
Op Burgersdorp is sy studie onderbreek deur die uitbreek van die Driejarige Oorlog. Hy het hom reeds so een gevoel met die Boerevolk dat hy dadelik vertrek na die noorde. Eers het hy belangrike werk verrig onder die Rooi Kruis, en later geveg as kaptein. Gedurende die oorlog veg hy onder genls. P. Viljoen en C. Spruyt en kmdt. C. Vercuiel van die Heidelbergse kommando. In die oorlog is sy regterarm en sy regterbeen afgeskiet. Hy is bevorder tot veldkornet en later tot kaptein van 'n verkenningskorps. Hy doen ook goeie dienste as leërdokter en veg later onder genl. Christiaan de Wet en kmdt. Ackerman van Edenburg. Pasch is aan end van 1901 by Kapokfontein in die Vrystaat gevang deur verraad. Hy word verban na Bermuda waar hy bly tot op 16 Julie 1902 toe hy op Darrelseiland die sertifikaat van getrouheid aan die Britse kroon onderteken en terugkeer na sy vaderland.
Gemeentelike bediening
[wysig | wysig bron]Hy gaan dadelik met sy studie voort op Burgersdorp. Op 11 Julie 1904 trou hy op Steynsburg, Kaapkolonie, met 'n jong weduwee met twee kinders, byname Johanna Maria Magdalena Snyman (gebore Schutte). Hy gaan saam met die Teologiese Skool na Potchefstroom, en word daar op 4 Desember 1907 beroepbaar gestel in die Gereformeerde Kerk van SA. Op 17 Junie 1907 word hy beroep as herder en leraar van Humpata, Portugees-Wes-Afrika. Hy aanvaar die beroep. Daar het hy onder die Angola-Boere nuttige werk met groot opofferinge gedoen. Sy tweede gemeente was Ladybrand en dan arbei hy van 1920 tot 1927 in Pietersburg.
Aan die einde van 1927 is hy beroep na Lindley, OVS. Hy aanvaar dit. Middel 1928 ontval sy vrou hom op Lindley. In 1930 is hy weer getroud. Hy sterf in September 1936 op Lindley terwyl hy nog in diens gestaan het.
Waardering
[wysig | wysig bron]Ds. N.H. van der Walt skryf in ds. Pasch se lewensberig in die Almanak van 1938: "'n Besondere yweraar het hy gewoeker met die talente wat die Here, sy Sender, aan hom toevertrou het, en baie getrou meegewerk aan die opbou van die Suid-Afrikaanse volk, met wie hy hom volkome vereenselwig het, en (wat) hy liefgehad het. Ds. Pasch was 'n man wat weet wat hy wil, en met 'n yster-wil het hy altyd voet by stuk gehou. Hy was beslis in sy oortuigings en het sy lewensbeskouings nie onder stoele en banke weggesteek nie. Ds. Pasch het groot dienste aan die kerk en land en volk bewys. Sy nagedagtenis sal in eer gehou word. Mag sy kinders in sy voetspore wandel."
Galery: Groepfoto's van studente en predikante
[wysig | wysig bron]-
1899: Professore en studente van die Teologiese Skool. Voor: J. van der Linde, T.N. Venter, W. Viljoen, D. Kruger, A. du Toit, H. Kruger, A.P.C. Duvenage, Smit, Snyman. Middel: (van links) Ferdinand Postma, Flippie Snyman Jan Lion Cachet, Jacobus du Plessis, Willem de Klerk, Dirk Postma en Hendrikus Pasch. Agter: J. van der Heever, H.J.R. du Plessis, J.C. Venter, D.P. du Plessis, J.P. van der Walt, N. van der Walt, J.H. Kruger, J. Venter, P. Lion Cachet, N.H. van der Walt, C. Pretorius, J. van Rooy, Japie Maré, J. du Plooy, H. de Klerk, J. Kruger, D. Lessing.
-
1903: Professore en studente van die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool. Voor: H.J.J. van der Walt (eerste hoof van die driedelige onderwysinrigting op Steynsburg), I.D. Krüger, J.C. van der Walt, H.D. Lessing, H.J. van der Walt, F.J. Jooste, C. Riekert, J.J.A. Coetsee. Middel: H.J.R. du Plessis, T.N. Venter, N.H. van der Walt, prof. Jacobus du Plessis, prof. J. Lion Cachet, prof. P.C. Snyman, D. Postma, A.P.C. Duvenage, H.P.J. Pasch. Agter: J. Kruger, J. Duvenage, D. Kruger, B.R. Grobler, J. Coetzee, P. du Plooy, A. Coetzee, P.W. Bingle.
-
Die laaste groep professore en studente van die Teologiese Skool Burgersdorp, 1904. Voor v.l.n.r.: D.J. du Plessis, J.J.A. Coetsee, P. Coetzee, S. Vorster, J.H. Kruger, R.S. Postma. Middel: J.H. Boneschans, H.J.R. du Plessis, prof. Ferdinand Postma, prof. Jan Lion Cachet, prof. Dirk Postma, J.H. Kruger, T.N. Venter. Agter: H.J.J. van der Walt, J.C. van der Walt, B.J.M. Kruger, H.P.J. Pasch, J.P. van der Walt, D.P. du Plessis, B.R. Grobler en P.W. Bingle.
-
Die Klassis Kaapkolonie se vergadering op Molteno, 1911. Ds. Bingle sit links voor. Voor van links: P.W. Bingle, J.H. Kruger, J.G.H. van der Walt en G.H.J. Kruger. Middel: Di. W.J. de Klerk, Taetse Hammersma, Dirk Postma en Louw du Plessis. Agter: Di. W.J. Snyman, Hendrikus Pasch, Pieter Biewenga en dr. P.J. Snyman.
-
1912: Afgevaardigdes na die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerke in die OVS. Voor: Onbekend, Willem Johannes de Klerk, A.G. Henning, Willem Postma, Louw du Plessis, Koos van Rooy, Hendrikus Pasch, T.N. Venter, Pieter Bingle, onbekend.
-
Afgevaardigdes na die Gereformeerde Kerk se Algemene Sinode te Reddersburg, 1910. Voor: J.A. van Rooy, Martinus Postma, Petrus Postma, W.J. Snyman, Jan Lion Cachet, Louw du Plessis, Louis Vorster, Pieter Biewenga. Middel: J.G.H. van der Walt, Jacobus du Plessis, Willem de Klerk, G.H.J. Kruger, Dirk Postma, H.J.R. du Plessis, Willem Postma, Hendrikus Pasch. Agter: J.P. van der Walt, N.H. van der Walt, T.N. Venter, P.C. Snyman, J.H. Kruger, J.D. du Toit, Sietse Los, T. Hamersma, Derk Rumpff.
-
1924:Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter,H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.
-
1927: Die Algemene Sinode van die GKSA op Reddersburg. Eerste ry: D. Rumpff, N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, prof. J.A. du Plessis, prof. C.J.H. de Wet, T. Hamersma, L.P Vorster, J.A. van Rooy, H.P.J. Pasch. Tweede ry: H.S. van Jaarsveld, H. Venter, F.P.J. Snyman, J.C. van der Walt, D.G Venter, C.W.M. du Toit, I.D Krüger, H.J.R. du Plessis. Derde ry: J.V. Coetzee, G.H.J. Kruger, E.L.J. Venter, D. Postma, D.P. du Plessis, A.S.E Yssel, D.N. Kotze. Vierde ry: J.H. Boneschans, T.T. Spoelstra, W.J. Postma, W.J. Snyman, A. Duvenage, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk.
-
1930: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting op Burgersdorp. Eerste ry: S. van der Walt, Jacs van Rooy. Tweede ry: Dr. E. Venter, J.C. van der Walt, H.J. Venter, J.G.H. van der Walt, G.H.J. Kruger, W.J. Postma, W.J. Snyman, Dirk Postma, D.N. Kotzé, J.H. Boneschans, A. Duvenage. Derde ry: H.P.J. Pasch, N.H. van der Walt, W.J. de Klerk, T. Hamersma, J.A. van Rooy, J.V. Coetzee, D.P. du Plessis, H.S. van Jaarsveld en D.G. Venter. Vierde ry: H. du Plessis, A.S.E. Yssel, J.P. Jooste, A. Postma, I.D. Krüger, W.F. Venter, T.T. Spoelstra, F.P.J. Snyman, dr. P.J.S. de Klerk, prof. J.A. du Plessis, H.J.R. du Plessis, Derk Rumpff.
-
Die Algemene Sinode van die GKSA 1933 in sitting Pretoria, afgeneem op die trap van die Uniegebou. Eerste ry: A. Postma, P.G.W. Snyman, Derk Rumpff, J.G.H. van der Walt, I.D. Krüger, prof. J.C. Coetzee, T.T. Spoelstra, A.S.E. Yssel, D.N. Kotzé, W.J. Postma, J.P. van den Berg, I.J. van der Walt. Tweede ry: H.F.V. Kruger, J.H. Boneschans, J.M. de Wet. Tweede ry: W.J. de Klerk, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk, B. de Klerk, S.J. van der Walt, L.S. van der Walt, J.A. Schutte, N.H. van der Walt, E.I.J Venter, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.G Venter, J.V. Coetzee. Vierde ry: J. van Rooy, A. Aucamp, H.P.J. Pasch. Vyfde ry: J.A. van Rooy, J.H. Kruger, G.H.J. Kruger, W.F. Venter, I.J. Lessing, J.B. du Plessis, S.P. van der Walt, J.P. Jooste, J.L. de Bruin, S. du Toit, D.P. du Plessis, F.P.J. Snyman.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Venter, H.J. 1959. Eeufeesgedenkalbum van die Gereformeerde kerke in die Klassis Waterberg 1859–1959. Potgietersrus: Deputaatskap vir die Gedenkalbum.