[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Kongo (volk)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kongo

Kongo-jeugdiges in Kinshasa
Totale bevolking: ca. 10 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Angola Angola
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo
Flag of the Republic of the Congo Kongo
Taal: Kongo, Lingala, Portugees, Frans
Geloofsoortuiging: Christendom, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Ander Bantoevolke
Tuiste van die Kongovolk
Verspreiding van etniese groepe in Angola, 1970 (beige: Kongo)

Die Kongo (Kongo: Esikongo, eenvoud: Mwisikngo, ook Bakongo, eenvoud: Mukongo) is 'n etniese groep inheems aan die Kongorivier se monding in die Atlantiese Oseaan. Hulle leef veral in die drie lande Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo en die Republiek die Kongo. In Angola vorm hulle sowat 13% van die bevolking en bevolk dié land se noordweste noord van die hoofstad Luanda (provinsies Zaire en Uíge), insluitende die eksklave Cabinda. In die Demokratiese Republiek die Kongo vorm hulle met sowat 48% die grootste etniese groep en bewoon die westelike deel van dié land wes van die hoofstad Kinshasa. In die Republiek die Kongo vorm hulle sowat 12% van dié land se bevolking en bewoon die suidelike streek langs die Kongorivier, veral rondom die hoofstad Brazzaville en die hawestad Pointe-Noire.

Die Kongo is veral bekend vir die gesentraliseerde en goed georganiseerde Koninkryk Kongo (1390–1914) met sy hoofstad M'Banza Kongo (in Noordoos-Angola) wat in 2017 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys is.[1] Hulle praat veral Kongo as moedertaal, wat uit verskeie dialekte bestaan en in die destydse Zaïre gestandaardiseer is. In onlangse tye het Lingala 'n belangrike tweede taal geword wat vanaf Kinshasa versprei het. Daarbenewens is die ou koloniale Europese tale Frans en Portugees in die alledaagse lewe belangrik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Mbanza Kongo, Vestiges of the Capital of the former Kingdom of Kongo". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 21 September 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]