Kolewa
Voorkoms
'n Kolewa is 'n spesiale treinwa wat deur 'n stoomlokomotief getrek word om dit van brandstof (hout, steenkool of olie) en water te voorsien. Stoomlokomotiewe verbruik groot hoeveelhede water in vergelyking met die hoeveelheid brandstof verbruik, dus is kolewaens nodig om stoomlokomotiewe aan die gang te hou oor lang afstande. 'n Lokomotief wat 'n kolewa trek word 'n tenderlokomotief genoem. Lokomotiewe wat nie kolewaens het nie, en al hul brandstof en water aan boord van die lokomotief self dra, word tenklokomotiewe genoem.
-
Sierra Railway #3 kolewa
-
'n Britse SECR O1 klas se kolewa loop vooraan te Bluebell Railway
-
'n Deursnit van 'n Spaanse kolewa wat vir vloeibare brandstof aangepas is. Groen areas hou water en bruin areas berg olie.