Groototter
Groototter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. capensis
|
Binomiale naam | |
Aonyx capensis (Schinz, 1821)
| |
verspreiding |
Die groototter (Aonyx capensis) is 'n otterspesie wat slegs in Afrika voorkom, van die weste in Senegal tot die ooste in Ethiopië en dan suidwaarts tot in Suid-Afrika. Die groototter is die tweede grootste varswaterotterspesie en word naby permanente strome, kuile en ander waterliggame in grasvlaktes en beboste laeveldareas gevind.
Groototters het gedeeltelik gewebde en kloulose voete. 'n Volwasse groototter het 'n gemiddelde massa van 10 kg en 'n gemiddelde lengte van 135 cm.
Die groototter se dieet bestaan hoofsaaklik uit krappe, vis, paddas, voëls en voëleiers. Die diere sal in die water duik om waterlewende prooi te vang en dan terug na die oewer swem om dit daar te eet. Hulle het sensitiewe snorbaarde, wat die bewegings van potensiële prooi in die water help opspoor.
Die wyfie is nege weke dragtig, waarna sy die lewe skenk aan twee tot vyf kleintjies. 'n Groototter het 'n moontlike lewensduur van 16 jaar.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronne
[wysig | wysig bron]- Hussain, S.A. & Reuther, C. (2004): Aonyx capensis Geargiveer 2 April 2008 op Wayback Machine by die IUCN se Red List vir bedreigde spesies.
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hoffmann, M. (2008). Aonyx capensis. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 13 Mei 2009.