Rooiborsgans
Rooiborsgans | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. ruficollis
|
Binomiale naam | |
Branta ruficollis (Pallas, 1769)
| |
Sinonieme | |
Rufibrenta ruficollis |
Die rooiborsgans (Branta ruficollis) wat in die Arktiese gebiede van Europa broei en tydens die winter na Suidoos-Europa trek. Hulle word in Noord-Siberië en oostelike Roemenië aan die rand van die Swart See aangetref.
Mannetjies en wyfies het 'n identiese veredos, met kenmerkende rooi bors, voornek en wange. Die res van die lyf is met swart of donkergrys en wit bande bedek. Rooiborsganse is 'n bedreigde spesie en die skaarste van al die Europese ganse. Hulle is ook die kleinste, met 'n maksimum massa van 1,6 kg.
Rooiborsganse se dieet bestaan hoofsaaklik uit gras en graan. Hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Hierdie ganse broei tussen Oktober en Januarie. Hulle bou 'n nes op die grond, tussen plante en lang gras, wat dan met dons uitgevoer word. Die wyfie lê drie tot agt wit eiers met 'n groen skynsel, wat na 23 tot 25 dae uitbroei. Die kuikens is self na drie jaar broeigereed.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- BirdLife International (2006). Branta ruficollis. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.
- Hilko Insel, (2005): Eksotiese Watervoëls. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0799334286
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir rooiborsgans.