[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Chelidonichthys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Knorhane
C. kumu in Nieu Seeland en C. spinosus in 'n Japanse akwarium
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Scorpaeniformes
Familie: Triglidae
Genus: Chelidonichthys
(Kaup, 1873)[1]
Tipespesie
Trigla hirundo
Linnaeus, 1758
Spesies

Sien teks

Sinonieme[2][3]

Chelidonichthys, bekend as knorhane, is 'n genus van besonder kenmerkende bodemlewende visse met groot koppe en oë. Die kop word deur groot benige plate en sterk stekels beskerm. Die onderste (d.w.s. voorste) drie strale van die borsvinne is losstaande, vingeragtige prosesse wat sensoriese organe bevat. Dié word deur die knorhaan gebruik as tasters om klein vissies, skaaldiere en sedimentlewende ongewerweldes uit hul skuilplek te versteur. Knorhane het 'n stewige lyf, 'n groot kop en oë en matig groot skubbe.

Knorhane word op of naby die seebodem in dele van die Indiese en Stille Oseane aangetref. Hulle is volopste in vlak waters, minder as 55 meter diep, waar hulle oor 'n sanderige of modderige seebodem voorkom. Die blouvin-knorhaan (C. kumu) leef byvoorbeeld sowat 16 jaar en word op twee tot drie jaar ouderdom geslagsryp wanneer hulle ongeveer 23 cm lank is (van neuspunt tot stertvurk). Op daardie tydstip verlangsaam hul groeitempo en bereik hulle geleidelik 'n maksimum lengte van ongeveer 42 cm. Wyfies groei vinniger en word groter as mannetjies, maar groei verskil ook na gelang van ligging.

Hul borsvinne word aangewend om voort te kruip, óf as tasters, óf om hul prooi uit die bodemsediment te verskrik om gevreet te word. Knorhane vreet krappe, garnale, klein vissies en wurms.

Spesies

[wysig | wysig bron]

Daar is tans drie subgenera en tien aanvaarde spesies in die genus:[4][5]

Kyk ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kaup J.J., 1873. Über die Familie Triglidae, nebst einigen Worten über die Classification. Arch. Naturgeschichte v. 39 (núm. 1). 71-93.
  2. Eschmeyer, William N.; Fricke, Ron & van der Laan, Richard (reds.). "Genera in the family Triglinae". Catalog of Fishes. California Academy of Sciences. Besoek op 3 Junie 2022.
  3. uBio (en)
  4. Froese, Rainer, en Daniel Pauly, eds. (2022). Spesies van Chelidonichthys in FishBase. February 2022-weergawe.
  5. Christopher Scharpf & Kenneth J. Lazara, reds. (10 Junie 2021). "Order Perciformes (Part 12): Suborder Triglioidei: Families Triglidae and Peristediidae". The ETYFish Project Fish Name Etymology Database. Christopher Scharpf and Kenneth J. Lazara. Besoek op 7 Junie 2022.