[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary
Lyn 574: Lyn 574:
== Wikimania 2008 in Kaapstad? ==
== Wikimania 2008 in Kaapstad? ==
Sien [http://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimania_2008/Bids/Cape_Town Wikimania_2008/Bids/Cape_Town] en [http://www.greenman.co.za/b2evolution/blogs/index.php?p=422&more=1&c=1&tb=1&pb=1 Wikimania 2008 in Cape Town?]. Ek sal enige hulp waardeer! [[Gebruiker:Greenman|Greenman]] 11:37, 21 Augustus 2007 (UTC)
Sien [http://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimania_2008/Bids/Cape_Town Wikimania_2008/Bids/Cape_Town] en [http://www.greenman.co.za/b2evolution/blogs/index.php?p=422&more=1&c=1&tb=1&pb=1 Wikimania 2008 in Cape Town?]. Ek sal enige hulp waardeer! [[Gebruiker:Greenman|Greenman]] 11:37, 21 Augustus 2007 (UTC)

==Betawiki: better support for your language in MediaWiki ==
Dear community. I am writing to you to promote a special wiki called [http://nike.users.idler.fi/betawiki/Etusivu Betawiki]. This wiki facilitates the localisation (l10n) and internationalisation (i18n) of the MediaWiki interface. You may have changed many messages here on Wikipedia to use your language for your language profile, but if you would log in to for example the English language Wiktionary, you would not be able to use the interface as well translated as here.

If you wish to contribute to better support of your language in MediaWiki, as well as for many MediaWiki extensions, please visit [http://nike.users.idler.fi/betawiki/Translating:Intro Betawiki], [http://nike.users.idler.fi/dev/?title=Toiminnot:Kirjaudu_sis%C3%A4%C3%A4n&type=signup create an account] and [http://nike.users.idler.fi/betawiki/Betawiki:Rights request translator priviledges]. If you have any further questions, [[wikipedia:nl:Overleg gebruiker:Siebrand|please let me know on my talk page on the Dutch Wikipedia]]. We will try and assist you as much as possible, for example by importing all messages from a local wiki for you to start with.

You can also find us on the Freenode [[wikipedia:IRC|IRC]] network in the channel #mediawiki-i18n where we would be happy to help you get started.

Thank you very much for your attention and I do hope to see some of you on [http://nike.users.idler.fi/betawiki/Etusivu Betawiki] soon! Cheers! [[wikipedia:nl:User:Siebrand|Siebrand]] ([http://nike.users.idler.fi/betawiki/K%C3%A4ytt%C3%A4j%C3%A4:Siebrand Betawiki user page]) 17:14, 26 Augustus 2007 (UTC)

Wysiging soos op 17:14, 26 Augustus 2007

Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Geselshoekie argiewe:

'n Argief van ouer onderwerpe is te vinde by:

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argiewe geskuif (sien die kieslys regs). As u 'n gesprek wat in die argiewe is wil voortsit, word dit aanbeveel om die betrokke dele uit te knip en hier te plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.


Beleid oor redelike gebruik

Ek stel voor dat die Afrikaanse Wikipedia 'n eenvoudige beleidsdokument kry ten opsigte van die afbeelding van sportklublogos as "redelike gebruik" om te voldoen aan die vereistes van die Wikipedia Foundation se "Resolution:Licensing policy". Ek beskou dit as baie belangrik om te voorkom dat die Afrikaanse wikipedie armer vertoon as byvoorbeeld die Engelse wikipedia en dat gebruikers dan eerder van die begin af die taalvreemde wikipedies besoek as meer volledig. Gebruiker:Anrie is van mening dat die voorstel hier gemaak word sodat gebruikers daaroor kan stem. Ek is bereid om 'n eenvoudige konsepbeleid op te stel wat dan soos enige ander artikel deur ander gebruikers verander en verbeter kan word, mits daar oor die beginsel saamgestem word. Ek is ook bereid om die Wikipedia Foundation nader om hulp, indien dit nodig geag word. Ek beskou die saak as dringend. Graaf 17:32, 1 Junie 2007 (UTC)[antwoord]

Die bostaande teks is gekopieer na Wikipedia:Beleid oor redelike gebruik vir argief-doeleindes. Stem asseblief op daardie bladsy. Anrie 18:05, 1 Junie 2007 (UTC)[antwoord]

Ondersteun voorstel. Morne 17:36, 1 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek steun die voorstel. --hansjoseph 17:09, 2 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het Gebruiker:Hansjoseph gekontak op sy gebruikersbladsy en gevra om sy ondersteuning op die bladsy Wikipedia:Beleid oor redelike gebruik aan te teken. Anrie 19:09, 2 Junie 2007 (UTC)[antwoord]

(Die bogenoemde bespreking is tans ook te vinde by Wikipedia:Geselshoekie/Argief16Julie07. Ek laat dit egter ook hier totdat die saak afgehandel is. Indien enige boodskappe bygevoeg word, sal ek dit daar byvoeg. Indien nie, sal die gedeelte in sy geheel verwyder word sodra ons konsensus oor die saak verkry het, aldan nie. Anrie 17:56, 16 Julie 2007 (UTC))[antwoord]

vertaling vanaf die ned.

Zijn hier ook gebruikers die zich bezighouden met het vertalen van Nederlandstalige artikels? Henk K 21:49, 25 Junie 2007 (UTC)

Ek het al etlike artikels vanaf die Nederlandstalige wikipedia vertaal. Ek dink egter nie dis 'n goeie idee om die onvertaalde artikels hier te plaas nie. My werskwyse is om byvoorbeeld die inleiding te vertaal en die onvertaalde teks te versteek in HTML-etikette ('n voorbeeld van sodanige artikel uit Nederlands vertaal) tot tyd en wyl ek tyd kry om dit te vertaal. Dit hou die inhoud vir die lesers netjies. --RM 23:15, 25 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Syn er viel lesers? Henk K 18:24, 26 Junie 2007 (UTC)
Hmmmm? Ek verstaan nie mooi nie - is daar baie lesers van die Afrikaanse Wikipedia? Ek glo so, alhoewel ek nie toegang tot enige statistieke het nie. As mens kyk na die aantal vandalisme wat ons kry, dan kan mens maar net hoop en bid dat die meerderheid van ons besoekers nié vandaliste is nie - wat wel sal beteken dat ons baie lesers het. Anrie 18:27, 26 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek bestuur ook 'n afrikaanse gemeenskapswerf waar daar 'n skakel redelik prominent na wikipedia verskyn. Tot op hede is die skakel reeds meer as 1200 kere gekliek. Dit sou baie nuttig wees om te weet watter soort artikels die meeste hier gelees word om 'n indruk te vorm waar die aanvraag sou wees.
Ek het met my dogter gesels wat tans aan die Pukke studeer gevra of sy weet van mense wat die Afrikaanse wikipedia gebruik en sy het beaam dat van haar dosente al studente hierheen verwys het en sy het ook al studente in die rekenaarsentrum gesien wat die bron gebruik. Ek dink daarom dat dit belangrik is om kwaliteit te bevorder en materiaal op so 'n wyse te plaas dat wikipedia as 'n ernstige en betroubare inligtingsbron ervaar word. --RM 19:21, 26 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Dat is goed nieuws, Henk K 16:18, 27 Junie 2007 (UTC)
As julle wil weet watter soort artikels gelees word, is meta:WikiCharts miskien 'n baie idee? NielsF 14:32, 29 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Dankie NielsF, hierdie lyk na 'n baie nuttige programmetjie - hopelik sal een van die administrateurs dit vir ons opstel? By voorbaat baie dankie. Graaf 09:07, 30 Junie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het na die program geloer - dit wys slegs watse bladsy die meeste besoek word. Ek sou eerder wou weet watter terme die meeste na gesoek word. Anrie 18:19, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek is besig om 'n navorsingstaak vir een van my vakke, Chemie, te doen. Ek wou weet of enigiemand sou weet wat die Afrikaanse benaming vir die Local Bubble sou wees. In Nederlands is dit die Lokale bel en in Duits die Lokale Blase. Enigiemand? Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 16:12, 29 Junie 2007 (UTC)[antwoord]

En vir Intersteller Medium? Nederlands: Interstellair medium. Asseblief en dankie! Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 14:35, 30 Junie 2007 (UTC)[antwoord]

Hi Adriaan, Ek is nie 'n skeikundige nie, maar ek sou "lokale borrel" voorstel.

hansjoseph 07:41, 1 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

  • Ha, ha, cheers, Henk K 09:03, 1 Julie 2007 (UTC)
Baie dankie! Ek het reeds 'n artikel by Lokale Borrel begin. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 09:16, 1 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

om na te kyk

Haai, is hier nie 'n sjabloon om te plak nie, om op 'n gedeeltelyk vertaalde artikel te plaats, zeg maar om hierdie die vertaling na te laten kyk? Henk K 09:48, 1 Julie 2007 (UTC)

Sien sjabloon:en-vertaal, sjabloon:simple-vertaal en sjabloon:nl-vertaal. Ek dink dis wat jy wil hê? Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 13:07, 3 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Letters

Ek neem aan dat die meeste gebruikers hier opgemerk het dat daar tans 'n aantal artikels kort wat wel die aandag van 'n Afrikaanssprekende benodig, waaronder A, B, C ens.

My vraag is: sal ons hierdie bladsye dubbelsinnigheidsbladsye maak (soos die nl.wp en die fr.wp) of sal ons die bladsye oor die letters self maak, met 'n skakel bo-aan na dubbelsinnigheidsbladsy soos A (dubbelsinnig) (soos die de.wp en die en.wp)?

Ek sou verkies dat ons eenvormigheid het aangaande al die letters, bv. dat almal of direk na die artikels skakel of na dubbelsinnigheidsblaaie. Ek glo nie dit meeste mense nie verbaas sal wees om te lees dat ek ten gunste is daarvan dat, bv. A direk na die artikel skakel nie en dat ons die dubbelsinnigheidsblaaie telkens by A (dubbelsinnig) skep. Ek is self bereid om die artikels oor elke letter te skep/vertaal/uit te brei, sodat die direkte skakels nie na leë bladsye skakel nie.

Ek het besluit om die hier te noem, eerder as om dieselfde gesprek op elke liewe letter se bladsy te herhaal. Wat is ander se menings? Anrie - 2 Julie.

Ek en Voyageur het, sover. Dis maar stil hier en dis algemeen dat dit 'n paar dae of selfs weke neem voor konsensus aangaande 'n saak bereik word. Ek sal hierdie tot so 9 Julie los (m.a.w. 'n week) voor ek die daad by die woord voeg. Anrie 06:45, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek steun ook die voorstel om A ens direk na die mees logiese betekenis te laat gaan (en neem aan dit is die artikel oor die letter in die Latynse alfabet). Laurens 12:55, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het inderdaad die Latynse letter bedoel. Soms kom iets vir 'n mens so logies voor, dat mens nie besef ander mense besef dalk iets anders daarmee nie. Anrie 13:05, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Soos elders genoem, wonder ek hoe ons dan die artikels kan vind wat verkeerdelik na (bv.) H skakel. Daar is nie 'n manier nie, want dit is nie 'n dubbelsinnige blad nie. As ons 'n sterk kultuur van nalees van mekaar se werk gehad het, dink ek hierdie sou dalk redelik gewees het, maar in my ondervinding werk elkeen maar aan sy eie goeters en loer mense net so nou en dan na ander se werk - wat nog van vervelige skakels regmaak. Nou is die regmaak van hierdie skakels aansienlik moeiliker omdat die sagteware ons nie kan help daarmee nie. In die geval van die letters, glo ek nie dit maak 'n reuse veskil nie, maar nou ja. --Alias 13:10, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Mens hoef slegs te kyk na "Wat skakel hierheen". Dit is gewoonlik dadelik duidelik na watter betekenis van die letter die bladsy na skakel. Daar skakel bv. 7 artikels na "H" toe, wat die iets anders dan die letter bedoel. Dit behoort nie moeilik te wees nie (en sal ook min tyd neem) om die skakels reg te stel. Ek is bereid om dit self te doen.
Wanneer 'n persoon 'n interne skakel skep is dit dié persoon se verantwoordelikheid om seker te maak dat die bladsy wel onder daardie naam bestaan. Om hierdie rede is ek bereid om aanstaande skakels te wysig, maar persone wat skakels wat in die toekoms skep sal self van hul saak moet seker maak.
Die bladsy "H", byvoorbeeld, sal ook tog dubbelsinnigheid bo-aan die bladsy meld. Anrie 15:26, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Henk, stadig oor die klippe man. Die Afrikaans is "niemand" nie "nieman" nie en "oor" nie "over" nie. Die woordorde is aanvaarbaar maar "Het niemand hieroor 'n mening nie?" sou beter gewees het.
In verband met Anri se voorstel, ek steun dit in beginsel solank ons aanvaar dat dit impliseer dat ons dan A (die letter) belangriker ag as A (die element Argon). Ons moet die beginsel dan ook by ander bladsye toepas soos Antwerpen (stad) en Antwerpen (provinsie) en wie gaan bepaal wie die belangrikste is, Alexander (die Grote) of Alexander (die Pous) en nog baie ander Alexanders, Hendriks, Karels en dies meer?
groete hansjoseph 13:31, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek weet sommige gebruikers, soos Alias, is ten gunste van 'n artikel wat direk na 'n dubbelsinnigheidsblad lei, behalwe waar die ander onderwerpe werklik obskuur is. 'n Goeie voorbeeld hiervan, in my opinie, is Kubus, waar die artikel oor die ruimtelike figuur onder daardie titel val en die dubbelsinnigheidsblad homself bevind by Kubus (dubbelsinnig). Dit is egter my opinie dat die meeste terme 'n onderwerp het wat meer aanspraak op die titel het as ander - alhoewel daar logies genoeg uitsonderings is.
Dit is miskien egter 'n goeie idee om so iets in elk geval eers te bespreek. Een persoon verander miskien in goedertrou die bladsy Saturnus in die artikel oor die planeet, wanneer ander persone miskien voel dat 'n dubbelsinnigheidsbladsy eerder daar hoort. Wanneer dit eers bespreek word, kan daar dus gepoog word om konsensus verkry te word. Wanneer die oorgrote meerderheid nie kan besluit of Saturnus na die god of na die planeet moet verwys nie, is 'n dubbelsinnigheidsblad 'n logiese middeweg. (Let wel, ek sê nie nou die blad moet na die planeet verwys nie, ek noem dit slegs as 'n voorbeeld van waar ek voel die dubbelsinnigheidsblad goed geleë is.)
Oor die algemeen voel ek ook dat dit nie telkens so 'n groot kwessie hoef te wees nie. As voorbeeld. Alexander die Grote is "Alexander die Grote" en die pous is "Pous Alexander I", dus is, in my opinie, 'n dubbelsinnigheidsblad meer as welkom by "Alexander". In ander gevalle, soos by Engels voel ek weer dat die dubbelsinnigheidsblad daar oorbodig is en eerder kan hoort by Engels (dubbelsinnig). M.a.w. vir my gaan dit om die korrekte ensiklopediese naam van 'n artikel asook die gewildheid/belangrikheid/prioriteit wat ons voel die artikel geniet.
Ter illustrasie:
  • Naam vs. naam #1: Ceres (godin) vs. Ceres (dwergplaneet) vs. Ceres, Wes-Kaap (tans slegs Ceres). In hierdie geval het al die artikels presies dieselfde naam en is hulle ewe belangrik of wat ook al - in my opinie. Hier glo ek dus dat 'n dubbelsinnigheidsblad by Ceres 'n goeie idee is.
  • Naam vs. naam #2: Antwerpen (stad) vs. Antwerpen (provinsie). In hierdie geval ag ek inligting oor die stad as meer gesog oor inligting oor die provinsie en sou ek inligting oor die stad by Antwerpen wou sien, met 'n skakel bo-aan na Antwerpen (provinsie).
  • Naam vs. amper-naam: Engels maak voorsiening vir talle onderwerpe wat nie onder die naam "Engels" tuishoort nie, soos byvoorbeeld "van of verwant aan Engeland" en "Kanadese Engels". In hierdie geval glo ek dat die bladsy Engels eerder inligting oor die taal moet vat, met 'n skakel bo-aan wat lei na Engels (dubbelsinnig) wat dan inligting oor en skakels na al die ander onderwerpe bevat.
Let wel - hierdie artikels se titels is nie nou hier tersake nie (alhoewel ek hulle seker in die toekoms op die betrokke besprekingsbladsye sal bespreek). Ek noem hierdie voorbeelde slegs ter verduideliking van hoe ek glo hierdie stelsel kan werk. Anrie 15:26, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek stem veral oor die taalartikels saam. Ek kan my nie indink hoe daar 'n sinvolle artikel in 'n ensiklopedie kan wees met die name Engels, Afrikaans, Nederlands ens wat nie na die onderskeie tale verwys nie. 'n Woordeboek is 'n ander saak want daar sou mens die verskillende betekenisse van die homonieme byvoeglike naamwoorde moes hanteer, maar hier is dit nie die geval nie en ons kan die kortste mees sinvolle naam moontlik gebruik. Die voorbeelde lewer in elkgeval nie dubbelsinnigheid nie - Frans is in teorie seker 'n ander geval omdat dit ook 'n eie naam is, maar ek twyfel ook of daar 'n Frans is wat belangrik genoeg is om sy eie artikel te kry. Laurens 09:47, 5 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek is self bereid om die artikels oor elke letter te skep en te sorteer, as die gemeenschap een oorkeur het uitgesprook, is wel so dat 'n Afrkaanspreker die vertaling moet inloer, 80.56.200.33 20:22, 4 Julie 2007 (UTC) na inteken: Henk_K 20:23, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek sal dus voortgaan en die bladsye sorteer soos bo voorgestel. Henk, jy is welkom om my voorbeeld te volg met ander letters, indien jy sou belangstel. Anrie 19:09, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

"Aanhaal van bronne" vs. "Bronaanhaling"

Haai daar,

Ek beplan om en:Wikipedia:Citing sources te vertaal op 'n tyd en het gewonder wat die korrekte Afrikaanse benaming daarvoor sal wees. Enige voorstelle? Anrie 18:34, 4 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek is oortuig daarvan dat daar reeds so 'n artikel bestaan. Ek het seker 'n jaar gelede etlike paragrawe daarby geskryf. Ek kan net nie onthou wat die titel is nie. Sal so 'n bietjie 'n soektog loods. --RM 18:51, 5 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Gevind! Wikipedia:Haal bronne aan. Dankie, Renier. Ek sal die skakel by die betrokke bladsye voeg. Anrie 19:26, 5 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Kalendersjablone

Sal enige iemand 'n pyn daarmee hê as ek die kalendersjablone (bv. Sjabloon:MeiKalender) wysig sodat dit nie na 'n spesifieke jaar verwys nie? Dit sal beteken dat dit altyd van toepassing op enige jaar kan wees - m.a.w. die dae (So-Sa) sal uitgehaal word en die "1" bo-links geplaas word. Dit vertoon vir my sleg om telkens in 2004 se kalender te moet vaskyk.

Miskien is dit 'n idee om die kalender eerder jaarliks aan te pas vir daardie jaar - alhoewel ek nie weet wie die verantwoordelikheid daarvoor op hul skouers wil neem nie. Hoe minder instandhouding iets nodig het, hoe beter (in my opinie). Anrie 07:09, 6 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Watter inligting bevat 'n kalender as dit nie na die dae van die week verwys nie?? Dat alle maande by 1 begin en tot by 28 29 30 of 31 loop? Ons soek 'n kalendersjabloon wat die jaartal as parameter neem en dan die regte maand vertoon. Tot dusver kon ek nog nie een vind nie. Groete hansjoseph 11:39, 6 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Inderdaad, ek het dit nie soseer gesien as 'n kalender wat kwansuis as 'n kalender funksioneer nie, maar as 'n sjabloon met kortpadskakels na die ander dae van die maand. Anrie 11:44, 6 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Een taalvraag

Hallo, ik ben een Nederlander en heb een vraagje. Kan iemand mij vertellen hoe je in het Afrikaans "je kan ook in het Afrikaans schrijven" zegt? Alvast bedankt. Ik hoop dat jullie Nederlands kunnen begrijpen, als er iets onduidelijk is, vraag het dan. 212.64.20.253 22:34, 6 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek es ook Nederlander, maar ek denk "Jy kan ook Afrikaans skrywe" sal reg wees? 82.73.113.174 23:47, 6 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek dink "Jy kan ook in Afrikaans skryf" stem meer ooreen met die Nederlandse sin. Anrie 07:50, 7 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek stem saam met Anrie. Die Nederlandse "kan" kan egter afhangende van die konteks ook aandui dat iets aanvaarbaar is eerder as dat iets moontlik is. Indien aanvaarbaarheid bedoel word, sal Afrikaans "kan ... maar" of "mag" gebruik. Dus : "Jy kan ook maar in Afrikaans skryf." of "Jy mag ook in Afrikaans skryf." Vertaling is nie maklik nie.
Groete hansjoseph 08:14, 7 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

'n Paar vrae

Is daar 'n bladsy wat alle benamingskwessies dek? Ek is besig om te wonder hoe ons liedjies moet benaam. Sênou maar ek wil oor Foto na Dans se liedjie, Huiwerig, skryf, hoe sal ek dit noem? Sal ek dit by Foto na Dans - Huiwerig sit, of by Huiwerig (Foto na Dans), of dalk Huiwerig (Foto na Dans-liedjie)? Ek dink dit sal goed wees as daar 'n bladsy is wat álle benamingskwessies dek (indien daar nie reeds een is nie). Ek persoonlike hou van die Foto na Dans - Huiwerig-formaat. Verder wil ek weet wat die Engelse naam vir Klaas Vakie is. Enigiemand? Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 14:46, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ons het wel Wikipedia:Titelriglyne, maar individuele musieknommers word nie daar gedek nie. Sal dit nie miskien beter wees om die inligting by die groep se artikel te plaas nie? Anrie 14:57, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ja, dit sal seker, maar ek het net gewonder, vir ingeval die Afrikaanse Wikipedia dalk eendag baie groot is en ons oor elke liedjie 'n artikel het, dat dit net almal dieselfde lyk. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 15:00, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Wel, in hierdie spesifieke geval glo ek dat Huiwerig aanvaarbaar is - dit is tog nie waarskynlik dat ons ooit 'n volwaardige artikel oor die woord sal kan skep nie. Ek sal bietjie by ander wp's loer om te sien wat hulle in die geval van dubbelsinnigheid doen. Anrie 15:04, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Oh ok. Ek dink ek het by 'n Nederlandse bladsy al gesien dat titels as Kunstenaar - Liedjienaam geskryf word, en by die Engelse Wikipedia skryf hulle die liedjienaam, en by dubbelsinnigheid skryf hulle die kunstenaar in hakies agteraan. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 15:13, 8

Julie 2007 (UTC)

"Klaas Vakie" is "Mr. Sandman" in Engels dink ek. hansjoseph 17:14, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Inderdaad - ek het nie eers daardie deel van jou vraag gesien nie, jammer! Ek dink dat slegs "Sandman" of "The Sandman" meer korrek is - "Mr. Sandman" is natuurlik afkomstig van die ou liedjie "Mr. Sandman, bring me a dream...." Anrie 18:00, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Haha, ok. So Klaas Vakie is manlik? Ek het altyd gedog dat dit 'n vrou was... hehehe. Maar "Klaas" is tog 'n mansnaam... Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 18:26, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Hmmm... het jy nooit daai liedjie geleer nie?

Klaasvakie woon,
in land so skoon.
As skemer daal,
kom hy jou haal.
Om saam te gaan,
vêr hier vandaan:
waar alles rus
stil en gesus
.

Anrie 18:30, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Haha... nee :P Maar dankie :D Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 18:59, 8 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Soek funksie

As ek my artikel se titel in die soek spasie tik en "soek" selekteer, vind dit nie my artikel nie, maar wel as ek "wys" selekteer. Moet my artikel eers aan sekere kreteria voldoen, alvorens dit gesoek kan word.

Ek is nog nuut met Wikipedia en sukkel nog met die gesêlshoekie. As iemand reageer op my plasing van 'n onderwerp, hoe "reply" ek die persoon se boodskap. As ek op die persoon se naam "click", weet ek nie waar om my reply te tik nie.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Siebrits (BesprekingBydraes) gelewer.

Haai, Siebrits, en welkom!
Aangaande die "soek" en "wys" funksie: As jy op "wys" kliek, sal die sagteware die artikel vertoon onder die term wat ingetik is (indien die bestaan). Wanneer jy op "soek" kliek, dan vertoon dit al die artikels wat dié term in hul inhoudsteks bevat. Die rede hoekom jou artikel nie opgelewer word wanneer jy die "soek"-funksie gebruik nie, is bloot omdat dit 'n rukkie neem om "geregtistreer" te word in die program se geheue of so iets. Dit sal weldra daar verskyn.
As jy iemand wil antwoord tydens 'n gesprek, dan kliek jy op die "wysig"-skakel wat regs van die opskrif van die onderwerp verskyn (of selfs "wysig" bo-aan die bladsy). Jy kan jou antwoord dan onder daardie persoon se teks intik. Wat ons doen, om leesbaarheid te vergemaklik is om elke nuwe persoon se antwoord in te keep. Dit is maklik gedaan deur : in te tik voor-aan elke paragraaf. As jy wil sien wat ek bedoel, kliek gerus wysig: my teks het in die wysigingsvenster dubbelpunte aan die begin van elke vraag, maar dit wys nie as ek die teks stoor nie, in plaas daarvan word my teks ingekeep.
Die volgende persoon sal dus twee dubbelpunte gebruik. Dit sal sy teks verder inkeep. Sodoende kan ons tussen mekaar se antwoorde onderskei.
Ek sal jou vrae rakende die skep van artikels by Gebruikerbespreking:Adriaan_1#Hulp_met_artikels antwoord. Anrie 05:57, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
N.S. Amper vergeet ek: onthou om jou boodskappe en besprekings met vier tildes ~~~~ te teken - dit sal outomaties jou naam en die tyd + datum aan die einde van jou boodskappe voeg. Anrie 05:58, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Baie dankie vir die hulp, dit gaan sommer al klaar beter.Siebrits 06:28, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Swaziland Vokslied

Ek het probeer om die oorspronklike woorde vir Swaziland se volkslied by te voeg in die Afrikaanse Wikipedia, maar toe word dit uitgevee omdat dit nie Afrikaans is nie. Hoe nou gemaak?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Arries (BesprekingBydraes) gelewer.

Ek het omverskoning gevra (op jou gebruikersbesprekingsblad) en die artikel herstel - ek was nie bewus daarvan dat dit die volkslied van Swaziland was nie. Anrie 07:33, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Vlaag van nuwe gebruikers

Ek wonder hoekom daar skielik so baie gebruikers aansluit! Dalk is dit omdat daar 'n program oor Wikipedia op Carte Blance was? Dis nogal lekker om te sien dat mense in Wikipedia geïnteresseerd is. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 11:20, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek het dieselfde gedink - my suster het my gisteraan gesê dat Carte Blanche 'n program oor Wikipedia gaan hê, toe dink ek dat ons moontlik 'n paar nuwe gebruikers te danke daaraan kan kry. Ek het natuurlik nie die program kon kyk nie, aangesien ek in NL woon. Hulle het seker nie die ander Afrika-talige wp's genoem nie, of wel? Anrie 11:24, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Nee, hulle het net beeldmateriaal van die Engelse Wikipedia gewys. Hulle het ook gewys hoe iemand op die Poolse Wikipedia kliek. Ek dink die mense wat aangesluit het, het seker maar by die een of ander artikel op "Afrikaans" onder "In other languages" gekliek. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 11:30, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Dis wat ek aangeneem het. Dis natuurlik lekker dat Afrikaans telkens bo-aan die lys is, alhoewel dit jammer is dat ons nie op die voorblad onder "Other languages" verskyn nie. Anrie 11:31, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ja, tog sê dit vir ons dat die mense wat aangesluit het darem min of meer weet hoe om hul weg in Wikipedia te vind... want dit het my etlike weke geneem om agter te kom dat daar 'n Afrikaanse Wikipedia is. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 11:37, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Het die program ook gesien - waar kyk mens nou weer vir die nuwe gebruikers? As dit die Carte Blanche storie is wys dit mens moet maar op 'n manier op die tradisionele media iets oor Wikipedia te sê kry as ons meer medewerkers wil kry. Laurens 16:48, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Sien gerus: [1]. Anrie 17:16, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek kan altyd 'n advertensie in Die Burger plaas. Ek weet nie watter koerante julle het waar julle woon nie, maar as iemand 'n advertensie kan ontwerp wat ons deurgaans kan gebruik dan kan, dié wat die fondse het, dit iewers in 'n koerant laat verskyn... Ek weet nie, is koerant-advertensies baie duur? En wat sê mens nou eintlik in só advertensie? "Kom help gerus artikels skryf"? Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 18:54, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek vermoed 'n advertensie sal redelik duur wees. Ons moet eerder kyk of ons 'n storie of stories in van die koerante of of tydskrifte kan kry. Ek verstaan van die ander tale in Europa het heelwat publisiteit gekry wat waarskynlik die aantal besoekers en later gebruikers opgejaag het; mens kan dalk by hulle leer. Ons kruip nou vinnig nader aan die 10 000 merk -0 dal kan ons 'n klein kompetisie hê vir die persoon wat die beste raaiskoot gee vir die datum waarop ons 10 000 gaan bereik? Ons kan dalk in-club vir 'n Pharos woordeboek - of 'n Woordelys en spelreëls... Laurens 19:35, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Klink regtig nie na 'n slegte idee nie... Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 19:52, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het eenkeer 'n groot koerant geskakel en vinnig begin die man praat van R50 000 vir 'n advertensie!!! Ek dink ons sal maar Guerilla bemarkingstegnieke moet inspan :) --RM 04:43, 28 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek voel dat Google en die en.wp baie behulpsaam kan wees, m.a.w., dat mense ons ontdek deur inligting daar te soek. Dit is dan natuurlik nuttig om te weet waarna mense soek en seker te maak dat ons artikels daaroor het (Google se zeitgeist is nie werklik baie behulpsaam hiermee nie). Ek het my sussie gevra om bietjie te luister waarna haar vriende ens. op die internet soek en toe noem sy dat bladsye oor moontlike vakansiebestemmings gesog is, bv. Thailand, Singapoer, Australië, ens. Ek wil dus in die toekoms bietjie meer op sulke bladsye ook konsentreer. Anrie 20:17, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het 'n ander sussie wat nog in die hoërskool ook is - dis miskien 'n goeie idee om artikels te skryf oor die onderwerpe van take wat hulle moet doen asook die boeke en gedigte wat mens daar (en op universiteit) behandel, soos Macbeth, Fiela se Kind (Dalene Matthee), ens. Sjoe - skielik het ek vir myself 'n baie lang "to do"-lys geskep. Anrie 20:19, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ja, ek stem baie daarmee saam. My probleem is net dat baie van die artikels waarvoor mense soek, deur die Engelse Wikipedia verdwerg word. Ek bedoel, as iemand vir "Thailand" google, dan sal hulle net die Engelse en Duitse, en al die ander groot Wikipedias, se resultate kry. Ek wou al vir google vra om hul "Suid-Afrikaanse bladsye"-funksie te verander sodat dit die Afrikaanse Wikipedia ook dek, maar ek kon hulle nêrens in die hande kry nie. Ek weet nie of dit wél reeds so is nie, want ek gebruik nooit die "Bladsye van Suid-Afrika"-funksie nie. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 20:21, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Dis juis hoekom ek so lekker kry as ek 'n Engelse artikel lees en ek sien daar is 'n Afrikaanse een besikibaar heel bo-aan die lys. Mens kan die skakel op die meeste resolusies sien sonder dat mens hoef af te "scroll". Niemand sal dus die artikel oor Chicago kry as hulle Google nie, maar die Engelse artikel is derde van die resultate, en van daar is dit slegs 'n kliek na die bestaande Afrikaanse artikel. Anrie 07:27, 11 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek dink ook dat skoolonderwerpe baie belangrik is. As mens iets van Google moet vra, is dit dalk eerder dat hulle Afrikaans sal erken as 'n inhoudtaal op die web. As mens internasionale Google in Engels gebruik en soek vir iets wat resultate in verskeie tale gee, is daar 'n skakel met iets soos "Beperk tot Engelse resultate" - ek dink so-iets vir Afrikaans sal ons al baie help. Maar ek glo ook dat bloot goeie dekking van belangrike onderwerpe en hoë kwaliteit van die belangrikste dinge is wat ons kan doen. Ek het ook al in die verlede skakels vir vriende, ens. geë-pos direk na die Afrikaanse artikels as dit relevant is op iets wat ons bespreek (mens moet net soms eers die artikel skryf ;-) Ek dink ons doen goed, al vorder ons dalk stadiger as wat ons wil. Ek dink steeds kwaliteit is die belangrikste. --Alias 07:40, 11 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek stem saam oor die belangrikheid van artikels soos Thailand. Dit is dan veral belangrik dat die Afrikaanse artikel net so goed, of verkieslik beter as die Engelse artikel is. Vandag kan meeste Afrikaanse mense so gemaklik Engels lees dat as die Engelse artikel net effens beter is hulle dit moontlik sal verkies as hulle reisvoorbereidings tref of so aan. Ons het 'n lekker voordeel dat Afrikaans gewoonlik bo-aan interwikilyste verskyn, maar ons moet dit gebruik en nie mors op artikels wat lyk soos Viëtnam (ook al hoe gewilder toeristebestemming) wat sê die land is land in Asië nie - duh, ek dink meeste mense weet dit darem. Ter loops as ons die tienduisend bladsy merk kan behaal behoort ons weer op die Engelse Wikipedia se voorblad ook te verskyn. Laurens 07:33, 12 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek sien dat die Engelstalige wikipedia ongelukkig nou slegs ander wikipedias met 25 000 artikels of meer lys :( --RM 03:55, 19 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Antieke eiename

Kyk hierdie oulike bladsy wat ek ontdek het: http://academic.sun.ac.za/as/anteieea.htm

'n Eng-Afr woordelys van antieke eiename in Engels en Afrikaans. Moontlik van hulp vir die vertalers onder ons? Anrie 12:34, 9 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek het dit vantevore by Wikipedia:Terminologie gevoeg. Ons kan gerus aanhou om skakels daar te voeg. Ek hoop net die goeters bly beskikbaar op die net. --Alias 07:36, 11 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het 'n bietjie van daardie bladsy vergeet. Ek het 'n paar skakels wat ek daar kan byvoeg en sal ook dié blad by die vertaalriglyne voeg. Anrie 07:39, 11 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Wikiquote

Die Wikiquote is nou opgestel. Ek het gister of eergister daar aangekom, toe is daar een bladsy met so paar aanhalings op. Ek het nou al verskeie wysigings gemaak, en ek het die voorblad só gemaak dat dit in redelike samewerking met die Wikipedia is. Enige iemand is natuurlik welkom om hand by te sit... ek het aansoek gedoen om temporary sysophood, maar as een van die sysops hier dalk daar gouer sysophood kan kry, kan hulle sélf die voorblad en ander artikels beskerm, asook die nodige skakels in die navigasiespyskaart sit. Uhm... wat nog... Oh ja, ek het sopas 'n e-pos ontvang wat sê dat die Wikiquote se interface nou in Afrikaans is, nadat ek hulle gevra het om Wikipedia se vertaalde terme na die Wikiquote te import. So ja. Ek laat julle almal maar net weet van die Wikiquote. Daar gaan nie juis veel aan nie, maar ek het dit reggekry om 100 kort artikels te skep. Ons sal seker een van die dae op www.wikiquote.org se voorblad one +100 verskyn. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 20:01, 10 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Beleid van billike gebruik

Ek dink die stemtyd is nou om; die oorgrote meerderheid van stemmers is ten gunste van 'n beleid van billike gebruik. --Voyageur 18:50, 14 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek het Alias gekontak en het verstaan dat hy hieraan aandag sal gee. Anrie 17:52, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Bekyk bronteks

Ek stel voor ons verander die knoppie wat sê "bekyk bronteks" na net "bronteks". Die knoppie is so bietjie onnodig lank, en wat anders as "bekyk" wil mens nou eintlik met bronteks maak? Ek dink dis vertaal vanaf die Engels "view source", maar ek dink nie ons hoef orals die Engelse voorbeeld te volg nie. Is daar 'n spesifieke rede hoekom die "bekyk" bygevoeg is? Of was dit maar net met vertaling so genoem? Elk geval, dis maar net 'n voorstel. Ek wou verder ook weet of iemand dalk die [wysig] knoppies by elke opskrif so bietjie kleiner kan maak, net soos by die Nederlandse Wikipedia. Ook maar net 'n voorstel. Ek sal bly wees om te hoor wat julle almal hiervan dink. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 15:28, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Verder stel ek voor ons verander die kode wat die "mouse hover text" beheer. Wanneer mens bv. oor die "Gebruikersportaal" knoppie aan die linkerkant hover, dan gee dit 'n Engelse beskrywing. Dit sal lekker wees as hierdie beskrywings in Afrikaans kon wees. Die "geselshoekie"-skakel het glad nie 'n beskrywing nie - moontlik omdat dit manually bygesit is. Adriaan ( SpreekBydraes ) ♪♫ 15:34, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Logos (kentekens) van sportklubs en soortgelyke organisasies

As gevolg van die feit dat die Afrikaanse wikipedia nie oor 'n "redelike gebruik"-beleid beskik nie (hopelik word 'n besluit oor hierdie saak binnekort geneem), het ek die afgelope tyd nie meer logos opgelaai in die reeks oor Duitse sokkerklubs nie. Vir my was dit 'n bietjie van 'n bitter pil, aangesien die artikels nou lelik afsteek by die Engelse artikels - die logo van 'n klub is tog 'n belangrike inligtingsbrok vir 'n persoon wat meer van 'n sportklub te wete wil kom. Ek bemerk egter nou dat die Duitse artikels wel die afgelope tyd die logos vertoon. Sover ek kan agterkom beskik die Duitse wikipedia nie oor 'n "redelike gebruik"-beleid nie. Daar word wel 'n lisensie by die logos vertoon (sien http://de.wikipedia.org/wiki/Vorlage:LogoSH), wat ek met my gebrekkige kennis van die taal (en met behulp van BabelFish) verstaan om iets soos die volgende te beteken: dat die logo deur kopiereg beskerm word en dat dit onwettig is om die logo te gebruik vir enige ander doeleindes as in ensiklopedieë of in artikels wat met die logo in verband staan. Verder kan daar, behalwe die regte in verband met die gebruik van 'n naam en 'n kenteken, moontlik verdere regte bestaan wat die gebruiker moet eerbiedig. Indien ek bogenoemde reg interpreteer (dat 'n "redelike gebruik"-beleid nie 'n vereiste is nie), sou daar enige besware wees indien ek dieselfde prosedure volg en dan weer die artikels volledig maak deur die logos op te laai (met 'n soortgelyke lisensie)? Graaf 16:58, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek dink net wat sommige mense bekommer, is dat dit Wikipedia nie heeltemal "vry" maak indien daar kopiereglisensies aan die inhoud van die ensiklopedie is nie. Ek weet egter nie hoe die gebruik van hierdie beelde en die melding van hul lisensies die "vryheid" van die ensiklopedie beïnvloed nie. Sover ek dit verstaan, kan 'n mens nie Wikipedia op a CD sit wanneer dit beelde met kopiereg bevat nie. Adriaan (SB) 17:10, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Miskien kan 'n mens dit op CD sit met daardie lisensie? Ek dink ook nie die wikipedia moet verarm word omdat iemand dit dalk op CD wil sit nie. Ek wonder of daar enige kommersiële waarde vir die wikipedia op CD sal wees in 'n relatief piepklein taal soos Afrikaans? Graaf 17:14, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ons kan steeds besluit watter artikels en beelde op CD of DVD verskyn. Redelike gebruik plaas dus geen beperking op so 'n projek nie. En ses miljoen Afrikaanse moedertaalsprekers is geen klein taal nie - daar is meer Afrikaans- as byvoorbeeld Deens- of Finssprekendes. --Voyageur 17:36, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Rakende die sportklublogo's: die redenasie agter die Duitse-beleid vir kentekens is dat die beelde nie deur kopiereg beskerm word nie, maar deur "Markenrecht und/oder dem Namensrecht", m.a.w. handelsmerkregte of soos die engelse dit noem, "Trademark". Sien gerus Image:Final Fantasy wordmark.svg en Image:3M_wordmark.svg wat by die Commons beskikbaar is onder dieselfde lisensie. Die byvoeging van die sjablone by sommige kentekens is egter betwisbaar: enige kenteken wat 'n kreatiewe element bevat is onderhewig aan kopiereg, alle regte voorbehou, tensy die kopiereghouer anders meld. Die gemelde beelde is nie aan kopiereg onderhewe nie, bloot omdat dit basies geen kreatiewe element bevat nie: dit is slegs teks. Sommige van die Duitse beelde, soos die een is 'n goeie kandidaat vir verwydering, aangesien dit heel duidelik 'n beeld is wat waarskynlik aan kopiereg onderhewe is. Beelde wat nie aan kopiereg onderhewe is nie, maar slegs 'n geregistreerde handelsmerk is, is natuurlik welkom hier. Anrie 17:44, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Rakende die WP op CD's/DVD's: sodra die Wikipedia die meerderheid kernartikels bevat, sal dit 'n goeie idee wees om dit aan skole en ander instellings wat nie toegang tot die internet het, ten kosprys beskikbaar te stel. Beelde wat onder "billike gebruik" gebruik word, sal noodwendig van enige sulke versameling moet uitgelaat word (alhoewel dit sekerlik die kleinste verweer teen so 'n beleid is), aangesien die kommersiële wins van sulke beelde nie toegelaat word nie. Anrie 17:51, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Gaaf! Ek sal dan die ontbrekende logo's oplaai. Ek sal die Duitse wikipedia as riglyn gebruik vir die toelaatbare logo's. Graaf 20:02, 16 Julie 2007 (UTC) En natuurlik logo's wat grotendeels uit teks bestaan (alle logo-ontwerpe verg tog 'n mate van kreatiwiteit, of hoe?) Graaf 20:08, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Daar is natuurlik nie 'n wet of 'n ding wat sê "dis kreatief genoef om vir kopiereg te kwalifiseer" en "dit is nie kreatief genoeg...." - dit is hoekom sommige mense hulle dagvaardings om kopieregskending wen en sommige dit verloor. Ek dink dat "3m" nie 'n kat se kans het as hulle iemand dagvaar wat hulle logo gebruik nie, maar mens moet elke logo maar afsonderlik oordeel. Anrie 20:11, 16 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Leë datumbladsye

As niemand 'n pyn daarmee het nie, sal ek graag bladsye soos 1445 wil verwyder - hierdie is bladsye wat geen inligting bevat nie en waarheen daar tans niks skakel nie (ek maak telkens seker!). Tog tel dié bladsye as artikels, wat beteken dat ons beweerde artikeltotaal van 7 925 artikels nie die werklikheid weerspieël nie. Anrie 18:25, 18 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek sien die bladsye het darem 'n raamwerk in waarin mens die inligting kan bysit - gaan ons nie nou bladsye verwyder wat ons later weer gaan moet skep nie? Dalk moet ons hulle eerder op 'n manier merk sodat ons op 'n stadium 'n projek kan van stapel stuur wat iets daaraan kan doen. Laurens 16:00, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Die datumbladsye verteenwoordig eerder 'n soort almanak as ensiklopediese artikels - hulle kan dus eintlik nie by die artikeltotaal gereken word nie. Maar ek stem saam dat ons hulle nie hoef te verwyder nie - die inligting wat nog ontbreek kan maklik bygesit word. --Voyageur 17:03, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Op sigself het ek geen probleem met die bladsy nie - ek stem saam met Voygaeur dat dit meer as 'n almanak is as wat dit artikels is. Dis net dat die bladsye bygetel word by die {{NUMBEROFARTICLES}}-funksie en daar is oor die 2000 van hulle. So in werklikheid het ons telkens ongeveer 2000 artikels minder as wat ons dink ons het. Miskien moet ons maar net rekening daarmee hou voor ons te opgewonde raak wanneer ons "10 000" artikels bereik. Anrie 19:58, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek gebruik die datum bladsye (dag van maand en jaartal) baie.
Ek sou eerder die bladsye daar los en die gebruikers aanmoedig om as hulle 'n artikel met datums skep, die gegewens ook in die datum bladsye by te voeg. Andersins moet ons dalk 'n "proto-type" datumbladsy skep sodat jy dit vinnig kan kopieer as jy 'n nuwe jaar bladsy nodig het. Die "dag en maand" bladsye is seker nie 'n probleem nie, daar is net 366 van hulle. Is daar rêrig 2000 leës? 2000 vir die jare na Chr. en 'n klomp v. Chr. seker, maar daar is darem ook baie wat wel inligting het.
hansjoseph 12:12, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het al gesien dat jy soms 'n middag spandeer en inligting by datumbladsy voeg. Ek het nou nie gaan tel of iets nie, maar ek skat dat die meeste van hulle leeg is. Ag, soos ek bo gesê het - dit is nie die bladsy self wat my pla nie - net die feit dat hulle by die "numberofarticle"-funksie getel word. Ek sien Voyageur het ook nou begin om hier en daar inligting om hierdie bladsye by te voeg. Ek het ook nou, wanneer ek een teëkom (ek kliek gereëld op "Lukrake bladsy"), begin om dan op "Wat skakel hierheen" te klien en dan die relevante inligting by te voeg. Anrie 14:18, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Prentelys

Aangesien ek tans die enigste gebruiker is wat 'n poging aanwend om die prente in die prentelys na te gaan, sal ek graag 'n bietjie meer vryheid in die gebruik van diskresie rakende skrapping en vervanging van beelde wil hê. Dié nagaan van beelde kos 'n hoop tyd, wat ek eerder sou wou benut om nuwe artikels te skep of bestaande artikels te verbeter, maar dit is 'n nodige huishoudelike takie.

Daar is tans 2003 beelde op ons bediener, waarvan die meerderheid vanaf die en.wp en ander wp's gekry is in die eerste paar jare van ons ensiklopedie.

Baie van die beelde is tans egter

  • aan kopiereg onderhewig
  • sedertdien van die ander wp's se bedieners verwyder, na 'n gebrek aan broninligting en lisensiëring.

In die eerste geval, sou ek graag die beeld wou vervang - wanneer daar 'n nie-identiese vrye weergawe bestaan, eerder as om deur die hele proses van beeldverwyderingnominasies en ander burokratiese prosesse te waad.

In die tweede geval sou ek ook graag die beeld wil vervang - as die oplaaier die beeld by die en.wp of 'n anderstalige wp gekry het, kan hy/sy net so min die bron verskaf as die man in die maan.

Ek sal steeds die oplaaiers kontak om hulle in te lig van wat ek gedoen het, indien hulle sou verkies om self 'n ander vrye weergawe te gebruik as die een wat ek gekies het.

Let wel: die voorstel is slegs vir beelde wat

  • aan kopiereg onderhewe is en waarvoor daar 'n vrye weergawe bestaan of
  • die oorspronklike beeld by die en.wp/fr.wp/de.wp/nl.wp/ens. verwyder is asg. van 'n tekort aan bron- of lisensiëringsinligting.

In alle ander gevalle sal ek steeds die normale prosedures volg, soos ek reeds die afgelope maande doen. Anrie 10:36, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek dink ons Wikipedia moet bietjie meer outokraties wees as die Engelse een. Ek sien by die Engelse Wikipedia waarsku hulle die vandaliste honderde kere voor hulle geblok word. Hier kom ek egter agter dat baie IP-adresse sommer sonder kennisgewing geblok word. Ek dink dis beter dat mense met die sekere magte sekere take sonder beraadslaging kan uitvoer sodat goed vinniger gedoen kan word. Wanneer iets dan foutiewelik gedoen word, soos 'n beeld wat byvoorbeeld geskrap word, kan dit mos altyd uitgewys en herstel word, nie waar nie? Adriaan (SB) 12:28, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek is heeltemal gemaklik met die voorstel dat jy die beleid soos hierbo sonder konsultasie per beeld toepas, veral as jy selfs bereid is om die beelde te probeer vervang. Laurens 15:57, 19 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Eerste bydraer en oudste bladsye

Die "oudste bladsye" onder "Spesiale bladsye" is verkeerd. Volgens die (outomaties gegenereerde?) lys van oudste bladsye is die oudste bladsy ZAR en in 2004 geskep. Gebruiker:Clasqm (regte naam blykbaar Michel Clasquin) het egter al in 2001 bladsye begin skep en beweer dat hy die eerste gebruiker op die Afrikaanse wikipedia was. Graaf 10:09, 22 Julie 2007 (UTC) Ek vermoed die eerste bladsy was Wikipedia:Hoe om 'n nuwe bladsy te skep Graaf 10:12, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Volgens hierdie bladsy is die bladsyegeskiedenisse nie altyd geskep in die vroeë dae nie. Dit kan dalk wees hoekom die stelsel dink dat sekere bladsye ouer is as dié wat regtig ouer is, want hy kan nie die bladsygeskiedenisse lees nie (omdat daar geen is nie). Adriaan (SB) 10:13, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Voorbladartikels

Ons het nog nie 'n voorblad artikel vir volgende week nie en dit lyk nie of daar 'n ooglopende kandidaat is op Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad nie. Ek sou graag wou hoor of daar nuwe voorstelle is. Gebruik gerus laasgenoemde blad om nominasies te maak. Laurens 14:11, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Interwikirobotte

Dit lyk of daar nou geen robotte meer aktief is nie. Interwikiskakels is volgens my een van die kragtigste kenmerke van die wikipedia en sonder robotte sal dit alles met die hand gedoen moet word. Ek kon nog nie regtig agterkom wat die robotte nou eintlik sondig dat hulle so ongewild is nie. Ek reken hoe meer robotte, hoe beter. Hier is nou nog 'n voorbeeld van waar "red tape" en bevooroordeeldheid die Afrikaanse wikipedia verder teen anderstalige wikipedias gaan laat agterraak. Kan iemand weer vir my verduidelik waarom botstatus nie elke slag toegestaan kan word nie, veral as 'n robot 'n proeftydperk geslaag het. Graaf 20:20, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Daar is steeds 'n spul interwiki robotte besig - hulle wys net nie in die "onlangse wysigings"-bladsy nie, aangesien hulle almal 'n bot-vlaggie het.
Wanneer 'n robot aansoek om botstatus doen moet hy 'n toetstydperk van drie dae gegun word waarin hy 'n beperkte aantal wysigings mag aanbring. Vrywillige gebruikers moet dan elke wysiging nagaan om seker te maak dat dié wysigings wel korrek aangebring is (robotte maak ook foute). Na die proeftydperk kan die robot dan goed- of afgekeur word.
Behalwe vir Alias, en toe ek, was daar geen gebruikers wat hand bygesit het om na die versoeke van robotte om te sien en hulle te evalueer nie. Die gevolg was 'n aantal robotte wat sonder vlaggies gehardloop het (definitief 'n Slegte Ding). Tot tyd en wyl nog gebruikers inwillig om die aksies van robotte tydens 'n proeftydperk dop te hou en hul ondersteuning/teenkanting vir spesifieke botte noem, kan daar logies nie aan nuwe robotte botstatus verleen word nie. Anrie 20:27, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Die enigste ding wat die Afrikaanse Wikipedia teen die anderstalige Wikipedia's miskien kan laat agterraak is 'n gebrek aan volwaardige, gesogte artikels. Anrie 20:43, 22 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek stem - 'n paar honderd werklik goeie artikels is beter as duisende nie sulke goeies. Om die robotte se veranderings te sien kliek maar net op die wys-skakel op Onlangse wysiginge. Anrie - dankie vir die vlaggies stel van robotte, nou kan mens vandale en ander se veranderinge makliker siene aangesien daar minder is. Laurens 06:41, 23 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ek het nie die vlaggies gestel nie - slegs 'n burokraat kan dit doen. Die robotte wat reeds hardloop het hulle vlaggies lankal terug gekry. Ek het slegs die paar robotte sonder vlaggies gevra om nie te hardloop tot ons gebruikers het wat hulle wysigings kan evalueer en hulle status kan af- of -goedkeur. Anrie 08:12, 23 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Vir die wat belangstel, hier is 'n lys van robotte met vlaggies. Anrie 08:43, 23 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Voëlkenner gesoek

Kan iemand my asseblief help met die identifikasie van hierdie voël? --RM 09:51, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ek mag in die war pik, maar dit lyk vir my soos 'n visvanger. Ek is besig om gou die prentjie te vergelyk met al die visvangersoorte - sal terugvoering gee indien ek 'n uitslag kry. Anrie 10:14, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Het jy die foto self geneem, RAM? Dis jammer ons kan nie die voorkant op die foto sien nie, want dit lyk so amper soos 'n Gewone troupant van agter af. Troupante is kleurvolle voëls, alhoewel hulle afterkante maar vaal is. Die blou onderstertvere lyk ook eners. Ek sal in elk geval verder kyk of ek nie iets kan sien nie. Hier is 'n ander foto van 'n gewone troupant wal nogal baie soos hierdie een lyk. Anrie 10:25, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Ja, wat, ek is nou oortuig daarvan dat dit 'n gewone troupant is, alhoewel ek definitief nie 'n voëlkenner is nie. Ek wil egter voorstel dat jy die beeld vir Kwaliteitstatus nomineer as jy dit na die Commons oplaai. Ek dink dit is 'n baie goeie foto. Anrie 15:31, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Die beskrywing op hierdie blad pas ook by die foto. Anrie 15:34, 25 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Dis juis die vooraansig wat my laat twyfel. Verskil die kleurskakerings by die wyfie en mannetjie van die gewone troupant? --RM 06:00, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Nie sover ek kon lees nie (die en.wp sê dit doen nie). Die kleurskakerings verskil wel van voël tot voël en van area tot area hier is 'n foto van 'n valer troupant, maar hier kan jy 'n baie kleurvolle een sien wat se "baard" meer woes staan. Hier is nog 'n ander een. Soos jy kan sien - die voëltjies verskil redelik van mekaar, dus is ek nie te veel geworry oor die dele wat daar in die skaduwee is nie.
Ek het na die ander voëls in die genus, Coracias, gekyk, maar het nie 'n soortgelyke voël kon vind nie. Ek sal dit maar gou doublecheck. Anrie 06:31, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Haai, kyk hoe jok ek! Die groottroupant, lyk baie op die gewone troupant, alhoewel dit ietsie valer is, lyk my. Sien [2] en [3].

Die ding is, die groottroupant kom nie so ver suid voor as die gewone troupant nie. Hulle word so vêr suid as die ou Transvaal aangetref (volgens die en.wp), dus dit baie moontlik 'n groottroupant as jy hom vêr noord afgeneem het. Anrie 06:44, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Ugh, nou jok ek alweer. Een sekonde, dat ek gou by brein agter mekaar kry. Anrie 06:48, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Toe nie: hier is 'n foto van 'n groottroupant wat byna identies is aan jou voël. En volgens Avibase (wat ek bietjie meer vertrou as die en.wp) kom hulle oral in SA voor (sien [4]). So, vandag is ek dus weer oortuig dat dit 'n groottroupant is. (Eng. Rufous-crowned Roller, Wet. Coracias naevius) Anrie 07:00, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]
Dankie - Anrie ek is ook nou oortuig dat dit 'n groot troupant is. Ek het die foto toe ook wel in die verre Noorde van die wildtuin afgeneem. As ek reg onthou was dit naby aan Punda Maria gewees. Het die fotos nou op commons gelaai. --RM 03:58, 28 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Items op datumbladsye

Sou 'n mens 'n punt sit na 'n item in 'n lys op 'n datumbladsy? soos hier? Of moet die punt liewers weggelaat word? hansjoseph 14:08, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Persoonlik verkies ek 'n punt aan die einde van enige sin. Anrie 21:40, 27 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Goudmyne in SA

[Vet teks]Ek is opsoek na inligting ivm goudmyne in SA. Dit is vir 'n Graad 12 Skeinat taak. Dus moet daar chemiese komponente wees soos bv "waarin erts opgelos word om fyn stukkies goud te ontrek en ontleding van goud deur reduksie" net om 2 van die punte te noem. As daar iemand is wat my kan help sal dit opreg waardeer word. Self as jul net kan se waar ek kan gaan soek. Inligting ivm met die boogenoemde is skaars op die net. Baie Dankie Nanine– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 196.207.32.38 (BesprekingBydraes) gelewer.

Hierdie internet-artikels bevat dalk nuttige inligting: Tegnologie

Kort artikels:

Miskien is hierdie twee boeke in 'n biblioteek beskikbaar:

--Voyageur 21:53, 30 Julie 2007 (UTC)[antwoord]

Meer afrikaans asseblief

Ek het opgemerk dat hier nog verskeie plekke is waar die engels gebruik work in plaas van die afrikaans. Onder andere die spesialebladsye wat lees articles with the fewest revisions, cross-namespace links, expand templates, file path, logs, most linked-to templates, pages with language links, prefix index, protected pages, random redirect, search web links, uncategorized images, uncategorized templates, en Wikimedia Board of Trustees election. Kan ons asseblief hierdie vertaal of hulle eerder almal in engels he? Daar is ook die kategorie 'religie' wat eerder godsdiens behoort te wees. -- Andrew | vuurpeloton | aftervolg hom 15:22, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Die term "religie" is opsetlik gekies om hoogs ontwikkelde geloofstelsels waarin geen aanbidding van natuurverskynsels of gode meer plaasvind nie te akkommodeer. Dit is net soos "godsdiens" 'n Afrikaanse woord, alhoewel dit moontlik eerder in 'n wetenskaplike of skryftaalkonteks gebruik word. Die term "godsdiens" het ongelukkig geen neutrale karakter nie, en "geloof" is ook minder geskik vir 'n aantal religies. --Voyageur 15:41, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Ek sal bietjie hierna loer. Ek vertaal maar waar ek kan. Soms verander hulle dinge by die mediawiki wat ons goed oorskryf en dit dan weer Engels maak, so dis bietjie lastig (onlangs met die "skuif"-ding gebeur). Die "board of trustees"-ding is nou al lankal verby en verskyn nie meer bo-aan nie. Alias het dit ook destyds vertaal, so ek verstaan nie mooi waar jy dit nou raaksien nie. Anrie 16:14, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Ek verstaan oor die godsdiens ding. 'n Kompromie kan dalk wees om ook 'n godsdiens kategorie te hê wat daarna aanstuur. Die Board of Trustees skakel is definitief nog onder aan die spesiale bladsye, en geheel en al in engels. -- Andrew | vuurpeloton | aftervolg hom 18:17, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Hi Andrew, die spesialebladsye is nou almal vertaal. As jy ander vind wat vertaal moet word gaan gerus na Alle stelselboodskappe om te help vertaal Laurens

Voorstel vir voorblad

Halloe daar...

Ek en Adriaan het nou al beide voorstelle vir 'n nuwe voorbladuitleg gemaak ([5]), maar ek sien die dinge sloer 'n bietjie. Ek is gretig om ons voorblad 'n bietjie op te dollie en wil dus graag terugvoering hê van ander gebruikers. Na aanleiding van Adriaan se voorstel het ek bietjie gespeel en die outjie geskep. Adriaan en Laurens noem dat hulle bo-aan wit spasies aan die kante het, maar ek het nou al op 'n paar blaaiers en resolusies gekyk en kan dit nie sien nie. Kan enige iemand wat dit ook opmerk asseblief die spesifikasies van hulle komper noem (blaaier, resolusie) en miskien ook 'n screenshot ("skermskoot"?) vir ons oplaai dat ek die dingetjies kan uitsorteer?

Gegroet, Anrie 20:57, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Haai Anrie, ek vermoed Laurens het die witruimte tussen die "Wikipedia"-teks aan die linker- en die lys van kategorieë aan die regterkant bedoel? Dit is myns insiens maar 'n klein probleem. Miskien kan ons meer kategorieë byvoeg? Die nuwe voorblad lyk egter baie goed so. --Voyageur 21:15, 3 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Dankie vir jou terugvoering. Ek het nou weer gaan kyk: as die wit spasie nou is soos jy dit verduidelik, en ek verstaan jou nou reg, is dit myns insiens nie eers 'n probleem nie, maar veronderstel om so te wees.
Ek weet, ek weet - die SA'ers moet bykom en rekenaars koop met hoër resolusies, maar ons moet egter steeds ten minste 600x800 resolusies kan akkommodeer. Indien daar meer kategorieë as die huidige ingevoer word, begin dit met die "Welkom by Wikipedia"-gedeelte oorvleuel. Is daar miskien enige spesifieke kategorieë wat jy eerder daar wou hê? Ek het slegs 'n seleksie van die wat reeds op die voorblad is daar geplaas, maar ek het wel "biologie" bygevoeg. Dis vir my baie definitief 'n hoë-vlak kategorie. Anrie 06:23, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Stem saam oor die resolusie-ding. Baie instansies soos skole kry ou rekenaars as skenkings. Nuwe voorblad voorstel lyk goed op my rekenaar. --RM 07:34, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
LOL... ek het hoegenaamd geen beswaar aangeteken teen die witruimte nie... en wat die resolusie-ding betref het ons nog geen terugvoering van Suid-Afrikaanse multi-biljoen-dollar-immigrante wat met hulle luukse jagte en reuse skerms langs die kuslyn van afgeleë eilande soos Australië en Nieu-Seeland vaar nie... --Voyageur 11:30, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Dit klink my my (gebrek aan) terugvoer hou al weer mense op. Natuurlik gaan ek nou ook nie my snater kan hou nie. Ek moet erken ek herken nie werklik die weergawe in die skakel wat jy gegee het nie - dus weet ek nie of my vorige terugvoer oor hiérdie blad was nie. My eerste indruk: lyk netjies al is dit 'n bietjie meer opgedollie as wat ek sou verkies. Die plasing is vir my báie keurig, maar ek sou graag nog 'n paar klein dinge wou skaaf. Kan ons hierdie dalk op 'n toetsblad sit eerder as in die geskiedenis van die sandput sodat ons bietjie daaraan kan torring? Meer gedetaileerd:
* Dele gebruik Arial wat ons nêrens anders op die werf gebruik nie. Dit lyk bietjie uit plek uit, en dit spesifiseer nie wat moet gebeur as die gebruiker nie Arial het nie. Kan ons nie maar net die gewone skrif gebruik nie?
* Hoekom teks by 95%? Mense stel tog sekerlik hulle webblaaiers om teks te vertoon op die grootte wat hulle verkies by 100%, of hoe? Ek weet nie of dit noodwendig 'n groot probleem is om dit kleiner te maak nie, maar dis dan nie konsekwent met die navigasie-elemente of enige ander artikel op die werf nie. Ek sou graag dat ons so min as moontlik peuter aan die stilering aan een blad, anders sal dit uit plek lyk met die res. Ek besef dat Arial met
* "Dit is vandag Vrydag, 3 Augustus 2007" - wil mense dit regtig weet? Dit staan darem ook by "Op hierdie dag..."
* Die opskrif "Welkom by Wikipedia" - persoonlik nie mal daaroor nie, en die verwelkoming word bietjie laer herhaal. Die vorige opskrif "Wikipedia in Afrikaans" dink ek het ek juis gekies ter wille van soekenjins, want die enigste ander plek waar "Afrikaans" op die blad voorkom is in 'n sin wat te lank is om iets sinvols te kan sien in Google se opsomming van 'n soekresultaat. (Maak ek sin?) Die gesprek is waarskynlik êrens in die geskiedenis van Bespreking:Tuisblad.
  • Oor die teks: Dinge soos "wat weer ander...", "Anderstalige" voel bietjie snaaks, maar dalk is ek nou net moeilik. Terloops 'Wikipedias' moet sonder apostroof wees. (onbeklemtoonde 'a')
  • Wat spasiëring betref is daar twee goetjies wat my pla: die deel bó "Artikel van die week" en "Aktueel" neem heelwat plak en die klein paragrawe lyk bietjie "dun". Dalk sal 'n sameselting van die twee paragrawe help, maar oor die algemeen voel ek die spasie word nie goed gebruik nie.
  • Word class="MainPageBG" êrens gespesifiseer? en id="lang-nl" id="articlecount". Mens moet natuurlik besef dat -moz-border-radius net in Mozilla-gebaseerde blaaiers werk.
  • Die resulterende bladsy is sowat 3k groter as die vorige en daar is nou 'n paar meer prentjies. Hopelik is dit darem nie té erg nie, maar ek kon nie nou dit mooi gemeet kry nie. (Moet hardloop)
Daar's ander aspekte waaroor ek nie mal is nie, maar ek vermoet ek is die enigste een, dus los ek dit daar. Ek weet dit klink asof ek sanik, maar dit is darem 'n belangrike bladsy van die projek. Ek sal dalk later vandag weer 'n bietjie hieraan aandag kan gee. --Alias 08:28, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Die vorige weergawe was 'n ander een - hierdie een is gebaseer op die voorblad van die Nedersaksiese Wikipedia [6]. Ek het dit aangepas om so min as moontlik plek op te neem, maar so veel as moontlik weer te gee. Ek dink dit was Alias wat destyds iets genoem het van, "so veel as moontlik van die voorblad kan sien sonder dat mens hoef af te scroll", of so iets. Dit is waarvoor ek gemik het.
Ek sal aandag gee aan die Arial-storie. Dit en die instelling van die teksgrootte is regstreeks oorgeneem toe ek die bronteks/kode oorgekopieer het. Dit lyk vir my mooi, maar dit sal seker nie erg lyk om dit te verander nie.
Die datum pla my nie baie nie - mens kan dit seker uithaal, maar ek dink nie dit lyk sleg nie.
Die "dun paragrawe" - maklik opgelos deur dit een "vet" paragraaf te maak of dit bietjie uit te brei. Slegs 'n kopiëring van die huidige inleidingsparagraaf.
"anderstalige"/ "wat weer ander" - kan maklik verander/verwyder word.
Ek sal na die spesifikasies van sommige van die klein goedjies kyk wat jy laastens genoem het. Die inleidingsparagraaf kan altyd verander word - dit is meer die uitleg waarna ek gekyk het. Sal bietjie peuter (almal is natuurlik welkom om te peuter - dis waarvoor die sandput daar is) en dan terugvoering gee. Anrie 08:48, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Goed so: [7]:
  • Teks=100%? Gedaan.
  • Datum? Weg.
  • Dun paragrawe? Saamgesmelt.
  • Snaakse Afrikaans aan onderkant? Huis toe gestuur.
  • id="lang-nl"? Weg.
  • id="articlecount"? Uhm... waar sien jy dit? Ek kon dit nie kry nie.
  • "MainPageBG" = hmmm... weet nie mooi van die een nie. Maak dit seer? Waarmee kan mens dit vervang? Ek is nog besig om van hierdie goeters te leer, dus weet ek ook nie altyd nie.
  • Die mozilla border goed - waarmee sal mens dit vervang? Ek sien dit is 'n probleem in IE. Wat is die standaard? Ja, maar nou sien ek die nedersaksiese voorblad lyk piekfyn in IE !?!? Ag nee, wat is nou aan die gang. Ek sal gou weer die bronteks vergelyk. Anrie 09:10, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Ek is besig om hieraan aandag te gee. Anrie 09:19, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Ahh... ek sien die goed word gespesifieer in die common.css wat ons nie hier laai nie. Ek sal kyk na die kodering en dit by die bladsy self inwerk. Anrie 09:26, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Of miskien nie. [8]. Dit blyk nie meer 'n gedefinieerde klas te wees nie (ek het dit ook nie kon opspoor nie) (die "MainPageBG"). Nou hoekom lyk die Nedersaksiese weergawe dan goed in IE, maar as ek die presiese bronteks oorkopiëer dan werk dit nie so lekker nie. Ag wat, ek sal maar verder snuffel vanmiddag. 09:34, 4 Augustus 2007 (UTC)


Nog een ding wat my so bietjie pla, maar regtig net 'n bietjie, is dat al die prentjies klikbaar is, insluitend die "WBar"-prentjies by elke opskrif (die imagemap-uitbreiding kan dalk help, sien [9]). Verder, die kategorieë - ons het nou 'n klomp verloor. Is wiskunde in biologie nie maar deel van die wetenskap(pe) nie? Oor -moz-border-radius - dis nie 'n standaard nie, dis hoekom dit met "-moz" begin. Geen blaaiers ondersteun die toekomende standaard ("border-radius') nie. Oor dinge soos MainPageBG en die id-attribute - die ding is net dat dit iets moet doen en mens moet weet wat :-) Ek het so bietjie gespeel en mense kan maar sê of my veranderings ok is. Ek wil nog doen, maar ek brand nou vas met my tyd. Grootendeels vind ek dit nie erg nie, alhoewel dit nie heeltemal my styl is nie. Ek het net die CSS en so 'n bietjie van die uitleg probeer verbeter. Daar is 'n probleem in Opera, maar ek moet erken dat ek bietjie te lui is om te kyk wat die probleem is. Waaroor ek wel nog bekommer is Internet Explorer voor weergawe 7 wat nie PNG-lêers met 'n alfakanaal ondersteun nie. Die prentjies langs die opskrifte gebruik 'n alfakanaal, en dit sal waarskynlik snaaks lyk. Het iemand Internet Explorer 5, 5.5 of 6 nog byderhand êrens? Ongeveer, +/-, so-te-sê 40% van webgebruikers gebruik nog ie6 :-/ --Alias 13:47, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Die prentjie kliekery - wat stel jy voor? Ons kan dit na jpegs omsit as die png-ding jou pla. My IE is nommer 7, so ek kan nie dit nagaan nie. Sover ek kon uitvind het die MainPageBG op 'n tyd na iets in die gedeelde css-bladsye verwys, maar dit doen nie meer nie.
Ek weet -moz-border-radius is nie standaard nie, maar wat ek bedoel het, is daar 'n standaard ding wat mens i.p.v. die moz-ding kan gebruik?
Die kategorieë: wat sou jy anders voorstel? Ek besef Biologie en Wiskunde is deel van wetenskap, maar hulle is tog bekende vakke wat kinders apart van wetenskap op skool neem? Dis nou nie asof ek aandring dat astrofisika of biomolekulêre genetika daar moet wees nie. :) .
Die skakeltjie wat jy verskaf het spoeg 'n "error" hier by my kant uit (dis blykbaar nie 'n geldige skakel nie).
Dankie vir jou moeite, ek het wel die kleiner teks en die datum onderaan die "welkom" verkies, maar ons hoef seker nie oor die colour of the bikeshed te staan en stry nie. Anrie 14:12, 4 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Goed so: na 'n nagmerrie-oggend van eksperimentering met Internet Explorer, het ek uiteindelik hierdie reggekry. Dit gebruik ander sintaks as die boonste voorbeeld vir die hooftabelle en ek het ook so hier en daar bietjie gepeuter: ek het die aardbol vir 'n koerant geruil vir aktueel en ek het nog nie die legkaartstukkies kon byvoeg sonder om alles op te dinges nie.

Dié weergawe werk dus nou ook in IE, alhoewel hy dus bietjie eenvoudiger is as die oorspronklike een wat voorgestel is. Ek besef die regterkantse kolom is nou 'n bietjie leër as die linkerkantse een, maar dit is maklik reggestel deur nog gebeurtenisse by te voeg.

Besware, kommentaar? Anrie 10:36, 7 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Op versoek van Alias het ek die eksperimentele blad na Wikipedia:Sandput/Tuisblad geskuif. Ek het ook maar besprekings rondom die blad wat nie hier geplaas was nie, wel op die besprekingsblad daar geplaas. Anrie 10:13, 8 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Ek sien daar is nou vir 'n week geen kommentaar gelewer by Wikipediabespreking:Sandput/Tuisblad nie, dus glo ek dat die weergawe by Wikipedia:Sandput/Tuisblad alle besware geadresseer het? Ek stel dan voor dat ons die nuwe uitleg in gebruik neem oor 24 uur. Anrie 20:37, 16 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Die "Ander tale" gedeelte pla my. Die "Ander tale" moet eerder iets sê soos "Anderstalige Wikipedias" of "Wikipedia in ander tale" - ek weet nie. En dan sal dit mooier in die middel lyk. En by Arabies slaan die sluithakkie oor na die volgende lyn. Anders as dit dink ek die voorstel lyk perfek. So dis basies net daardie Ander tale se sjabloon wat bietjie verander moet word... ek het al eens op 'n tyd probeer maar ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie... — Adriaan  (SB) 20:43, 16 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Geen probleem, ek sal dit gou wysig. Anrie 20:44, 16 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Gedaan. Die "Arabies" se sluithakie is by my ook op die volgende lyntjie. As ek reg onthou het ons twee dieselfde resolusie en dink ek nie dat dit 'n probleem by ander resolusies is nie. Dis egter 'n probleem op die huidige tuisblad ook en ek weet nie hoe om dit reg te stel nie (daar is geen spasies by die oorspronklike sintaks nie). Anrie 20:49, 16 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Oh ok, baie dankie ; )  — Adriaan  (SB) 20:52, 16 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Kan ons nie eerder die skakel in die linkerbalk vervang sodat mense wat op die "laai lêer"-skakel kliek eerder na die Commons verwys sal word nie? Ek was die afgelope tyd nie so bedrywig hier rond nie, maar soos dit wil voorkom was Anrie besig om sekere beelde na die Commons te verskuiwe? Wel ek dink net dit sal baie moeite bespaar as ons in die eerste plek dit so maak dat almal media by die Commons oplaai. Ek weet nie, ek mag dalk myself misgis het, maar wat dink julle hiervan? Adriaan (SB) 11:48, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Ek sit nou ook al lank hieroor en tob. Aan die een kant is dit wel handig om hier 'n leêr te kan laai en mens wil dalk nie mense verbied om dit te doen nie. Aan die ander kant voel dit vir my asof sommige gebruikers nie die moeite doen om te lees wat daar van opgelaaide beelde vereis word nie - solank hulle hulle beeld net kan oplaai is hulle maar al te bly om die vuil werk aan iemand anders oor te laat.
Ek is inderdaad besig om die vrye beelde wat van korrekte bron- en lisensiëring voorsien is na die Commons op te laai. Ek gebruik ook tans die programmetjie, "CommonsClash", om alle beelde wat reeds soortgename, identiese weergawes op die Commons het eerste te verwyder (aangesien hulle outomaties vervang word = minder moeite vir my). Dit sal egter 'n rukkie vat. Toe ek begin het was daar reeds oor die 2000 beelde, maar vir elke twee wat ek oorskuif/verwyder word daar 'n nuwe een hier opgelaai. Ons trek nou by 1940 beelde, maar ek sien nie hoekom ons ooit meer as slegs 'n handjievol beelde op ons bedieners hoef te hê nie. Anrie 14:10, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Oh ok, praat van bedieners, het elke taal sy eie bedieners? Adriaan (SB) 14:23, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Sover ek weet. Ek bedoel, mens kan virtuele bedieners skep op 'n fisiese bediener, so dit is moontlik dat een of meer wikipedias van dieselfde fisiese bediener af werk, maar hulle sal nie toegang tot die ander wp se leêrs hê van hul wp af nie, aangesien hulle dan van verskillende virtuele bedieners af sou werk. Anrie 14:34, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Dit is dan ook een van die redes waarom die Commons gestig is: 'n "common"-bediener waarvan alle wikimedia projekte vanaf lêers kan kry. Anrie 14:35, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Oh ok, ek sien. Adriaan (SB) 16:31, 5 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
'n Minder radikale stap wat tog dieselfde oogmerke kan bevredig is dalk om die laai lêer skakel nie direk na die commons te laat gaan nie maar na 'n bladsy waar ons strek voorkeur vir die gebruik van die commons uiteengesit word en stel onder watter omstandighede beelde wel sinvol op die Afrikaanse Wikipedia opgelaai behoort te word en aan watter voorwaardes dit moet voldoen - van daar af kan daar dans skakels na die commons se laai funksie en ons laai funksie wees. Laurens 11:49, 8 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Besoedeling van onlangse wysigings

Jammer vir die onlangse besoedeling van die "onlangse wysigings"-bladsy. Ek weet dit kan ander gebruikers soms frustreer, aangesien dit dan moeilik is om ander gebruikers en moontlike vandaliste se bydraes raak te sien.

Ek wil almal maar net gerusstel: ek volg egter altyd in sulke gevalle die onlangse wysigings intyd met IRC, dus word ek altyd in kennis gestel as daar 'n nuwe bydrae gelewer is en volg ek dit altyd op, ten einde seker te maak dat 'n vandalis of twee nie tussen al my wysigings wegkruip nie. Anrie 13:35, 9 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Ai Anrie, baie dankie vir al jou moeite wat jy doen :P Adriaan (SB) 14:28, 9 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Dis 'n plesier, net soos dit vir al die ander bydraers hier is (hoop ek). Ek het vanmiddag 'n bietjie af gehad, so toe het ek my lekker in my duvet gewikkel en die robot-agtige takies gedaan terwyl ek Magnum en Murder, She Wrote op televisie gekyk het. Anrie 15:56, 9 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Ah! Murder She Wrote, ek het dit altyd saam met my ma gekyk toe ek klein was... dit bring nou soveel herinneringe terug :D Hoop jy't dit geniet... Adriaan (SB) 15:59, 9 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

cj beukes

het iemand dalk vir my inligting oor hierdie sa skilder? ek het een van sy skilderye en wi graag meer uitvind.

Geen inligting nie. --RM 08:02, 12 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Benoeming van die fiets

ek is op soek na inligting oor fietse, veral die benoeming van die fiets– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.242.227.2 (BesprekingBydraes) gelewer.

Sien gerus Fiets en die Engelse artikel by Bicycle. — Adriaan  (SB) 15:38, 12 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Net soos ek met Voordele van kanker en voordele van verkragting sal maak, indien hulle ooit geskep word, het ek my diskresie gebruik en die blad Voordele in slawerny spoedig verwyder. Ek het die artikelinhoud na Bespreking:Voordele in slawerny geskuif, indien enige iemand dit wil nagaan en moontlik beswaar wil aanteken. Dit bevat stellings soos: "Net soos diere, word slawe goed versorg" en "As slaaf weet mens ten minste jy het ‘n werk, waarvoor jy ‘n dak oor jou kop en kos te ete kry". Anrie 18:22, 14 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Indien enige iemand natuurlik van die meer neutrale stellings wil verwerk en dit by die artikel, Slawerny, wil voeg, is hulle meer as welkom. Anrie 18:28, 14 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Mauretanië se regering het die 600 000 neger-slawe wat deur die plaaslike moslembevolking aangehou is pas verlede week vrygelaat. En die Bybel moedig ons blykbaar ook aan om 'n paar slawe te koop?! Het ons die kontakbesonderhede van die gebruiker wat die artikel geskryf het? --Voyageur 18:53, 14 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Werklik jammer dat daar geen kontakbesonderhede is nie ek sou graag die skrywer as slaaf wil aanhou - dit klink my hy sal 'n goeie gedienstige slaaf wees. --RM 03:46, 19 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Interessante Brokkies

Noudat Anrie die woordbou van een van die brokkies reggesien het, herinner dit my weer dat die huidige brokkies darem nou al vrek lank op die voorblad is. My gevoel is dat ons bietjie meer moeite hiermee moet doen of dit eers van die voorblad verwyder.

Om dit te laat werk het ons waarskynlik 'n groot aantal brokkies wat dan semi-outomaties geroteer kon word - af hangende van die hoeveelheid kan die periode korter of langer gemaak word. Laurens 11:36, 17 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Ek het geen probleem daarmee om die verantwoordelikheid te aanvaar dat die brokkies op 'n weeklikse basis geroteer word nie. Ons het tans net oor die sewentig van hulle en ek het dit op my "to do"-lys (saam met 'n miljoen ander dinge) om nog te skep. Anrie 16:07, 17 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Stelselboodskappe

As niemand omgee nie, gaan ek in die nabye toekoms baie kommentaar by die stelselboodskappe lewer. Daar is heelwat boodskappe wat verander moet word, so ek hoop nie dit pla enigiemand nie... — Adriaan (SB) 14:21, 18 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Geen beswaar van my kant af nie. Dankie vir jou volgehoue pogings om ons koppelvlak te verbeter! Anrie 15:49, 18 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
Inteendeel ek dink sodanige bydraes sal baie waardevol wees. Daar is so baie om te doen en so min tyd! --RM 03:57, 19 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Hulp met sjabloon

Hallo. Dit skyn dat daar nie 'n sjabloon beskikbaar is vir 'n INFOBOX wat betrekking het op MAATSKAPPYE nie. As daar wel een is, sal ek dit waardeer as iemand dit aan my kan wys.

Meer belangrik sien ek geen informasie oor hoe om 'n nuwe sjabloon te skep nie. (of selfs voor te stel nie).

Enige voorstelle?

Dzstudios 22:47, 20 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Hallo, Dzstudios! In die vervolg hoef jy nie jou vrae op so baie plekke te stel nie :) Ons sien dit sommer enige plek raak.
Laurens het onlangs die sjabloon, Infoboks Maatskappy, geskep. Ek sien egter dat dit afhanklik is van Sjabloon:Infoboks Maatskappy-en? (Laurens, hoekom het jy nie sommer net die hele sjabloon vertaal nie?), dus enige veranderings sal aan die Engelse sjabloon aangebring moet word en dan sal die Afrikaanse een gewysig moet word.
Sien gerus EADS en Airbus vir 'n voorbeeld van hoe die sjabloon vertoon. Jy kan enige vrae rakende die sjablone gerus op die besprekingsblaaie daar stel, dan is alles mooi bymekaar. Ek sien jy het nou al baie moeite gedoen met die sjabloon by Suzuki en dit is miskien 'n goeie idee om die parameters wat by die ander sjabloon ontbreek, daar by te voeg (aantal werknemers, ens.)
Ons het ongelukkig nie enige dokumentasie oor hoe om sjablone te skep nie - die meeste van ons leer ook maar nog. As jy enigsins voorstelle of vrae rakende sjablone het, is jy meer as welkom om die hier te stel: hier is 'n paar gebruikers wat kennis het rakende sjablone en sal dus jou vrae/voorstelle hier die maklikste raaksien.
Die maklikste manier om 'n nuwe sjabloon te skep is natuurlik om te "soek" vir Sjabloon:NuweSjabloon (met die naam van die nuwe sjabloon i.p.v. "NuweSjabloon"). Dit sal dan uitspoeg dat daar geen resultate vir die soektog was nie, maar sal dan die opsie gee: "Vir navraag: Sjabloon:NuweSjabloon". Deur op daardie rooi skakel te kliek sal jy dan geneem word na 'n nuwe venster waar jy 'n sjabloon met die naam, "NuweSjabloon", kan begin. Anrie 07:15, 21 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]
OOoooooooeee!! Baie dankie vir die hulp en raad. Ek sal beslis meer aandag skenk aan wiki etiket. EN ek neem kennis van my beeld blaps..en waardeer die aandag wat jy hieraan spandeer het. Dzstudios 16:32, 22 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Wikimania 2008 in Kaapstad?

Sien Wikimania_2008/Bids/Cape_Town en Wikimania 2008 in Cape Town?. Ek sal enige hulp waardeer! Greenman 11:37, 21 Augustus 2007 (UTC)[antwoord]

Betawiki: better support for your language in MediaWiki

Dear community. I am writing to you to promote a special wiki called Betawiki. This wiki facilitates the localisation (l10n) and internationalisation (i18n) of the MediaWiki interface. You may have changed many messages here on Wikipedia to use your language for your language profile, but if you would log in to for example the English language Wiktionary, you would not be able to use the interface as well translated as here.

If you wish to contribute to better support of your language in MediaWiki, as well as for many MediaWiki extensions, please visit Betawiki, create an account and request translator priviledges. If you have any further questions, please let me know on my talk page on the Dutch Wikipedia. We will try and assist you as much as possible, for example by importing all messages from a local wiki for you to start with.

You can also find us on the Freenode IRC network in the channel #mediawiki-i18n where we would be happy to help you get started.

Thank you very much for your attention and I do hope to see some of you on Betawiki soon! Cheers! Siebrand (Betawiki user page) 17:14, 26 Augustus 2007 (UTC)