[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Laserskyf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Die kant van 'n laserskyf wat deur die rekenaar gelees word.

'n Laserskyf of kompakskyf (ook in Engels bekend as 'n compact disc, verkort na CD) is 'n plat, ronde skyf wat gebruik word om data, musiek- (oudio CD) of video-opnames (video CD) daarop te stoor. Die deursnee van 'n normale laserskyf is 120 mm, en die gaatjie in die middel is omtrent 15 mm in deursnee.

Aanvanklik is slegs musiek en klank op laserskywe gestoor, maar later is hulle só gemaak dat hulle rekenaarlêers kon stoor op dieselfde manier as wat musiek daarop gestoor is. Na hierdie skywe word verwys as CD-ROMs, wat staan vir die Engelse term Compact Disc - Read Only Memory, wat beteken dat die rekenaar die skyf "lees" deur gebruik te maak van 'n CD-ROM-aandrywer, of enige ander aandrywer wat laserskywe kan lees.

Geskiedenis

Die laserskyf is in 1979 deur Philips en Sony ontwikkel en vir die eerste keer vervaardig.

In 1982 het dié twee ondernemings hul sogenaamde Red Book-standaard vir oudio-laserskywe vasgelê. Volgens hierdie internasionale standaard is laserskywe, wat hulle fisiese stoorvermoë betref, in blokke verdeel. Slegs digitale ja/nee-inligting word met 'n hoë digtheid gestoor. In CD-spelers stuur 'n laser-aftaster 'n straal op die skyf wat juis op twee maniere ("ja of nee") gereflekteer word. In teenstelling met viniel-plate word laserskywe van binne na buite gelees.

Aanvanklik is laserskywe gemaak met 'n deursnee van 30 sentimeter wat in hierdie opsig analoog met viniel-langspeelplate was. Hulle video-stoorvermoë was matig (30 minute), maar meer as groot genoeg vir musiekopnames (13 ure en meer).

Die musiekbedryf was egter ten gunste van kleiner skywe sodat die deursnee van laserskywe uiteindelik twaalf sentimeter beloop het met 'n speeltyd van 74 minute - volgens 'n gewilde moderne mite net genoeg om die dirigent Wilhelm Furtwängler se opvoering van die Negende Simfonie van Ludwig van Beethoven uit die jaar 1951 daarop te stoor.

Eksterne skakels

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Eenvoudige Engelse Wikipedia vertaal.