Afrikaans PWL 1Dit het in die dae toe die regters regeer het, gebeur dat daar ’n hongersnood in die land was. ’n Sekere man uit Beit-Legem in Y’hudah het in die land van Mo’av gaan bly, hy en sy vrou en sy twee seuns.
2Die naam van die man was Elimelekh, die naam van sy vrou Na’omi en die name van sy twee seuns was Maglon en Kilyon, Efrayimiete, uit Beit-Legem in Y’hudah en hulle het na die land van Mo’av gegaan om daar te bly.
3Elimelekh, Na’omi se man, het gesterf en sy het haar twee seuns gehad.
4Hulle het vir hulle vroue gevat uit die Mo’avitiese vroue; die naam van die een was `Orpah en die naam van die ander was Rut en hulle het omtrent tien jaar daar gebly.
5Maglon en Kilyon het albei gesterf en die vrou is ontneem van haar twee seuns en haar man. 6Toe het sy opgestaan om saam met haar skoondogters terug te gaan vanuit die land van Mo’av, want sy het in Mo’av gehoor dat יהוה Sy volk besoek het deur vir hulle kos te gee. 7Sy het weggegaan uit die plek waar hulle gebly het, saam met haar twee skoondogters, om terug te gaan na die land van Y’hudah. 8Na’omi het vir haar twee skoondogters gesê: “Draai om, gaan terug na julle eie land en die huise van julle familie; mag יהוה aan julle guns bewys soos julle aan my en aan my twee seuns, wat nou dood is, guns bewys het. 9יהוה gee vir julle guns sodat julle rus mag vind in die huis van julle ouers.” Toe het sy hulle gesoen en hulle het hul stemme opgelig en gehuil 10en vir haar gesê: “Nee, ons sal saam met u teruggaan na u land en u volk.” 11Na’omi sê egter vir hulle: “Draai om, my dogters! Waarom sou julle saam met my gaan? Sal ek geboorte gee aan nog seuns dat hulle julle mans kan word? 12Draai om, my dogters, gaan julle eie pad, want ek is te oud om ’n man te hê. As ek sou sê: ‘Ek het hoop’ en selfs as ek ’n man sou hê en ook geboorte gee aan seuns, 13sou julle vir hulle wag totdat hulle groot geword het? Sou julle nie vir julle mans vat nie? Nee, my dogters, want ek is baie hartseer ter wille van julle en dit maak my hartseerder as vir julle, want die hand van יהוה het teen my uitgegaan.” 14Hulle het weer hulle stemme opgelig en gehuil en `Orpah het haar skoonmoeder gesoen, omgedraai en weggegaan, maar Rut het aan haar vasgeklou. 15Haar skoonmoeder sê vir haar: “Let op, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar familie toe; gaan terug agter jou skoonsuster aan!” 16Rut sê vir haar: “Dit is ver van my om weg te draai daarvan om u te volg en u te los, want waar u gaan, sal ek gaan en waar u bly, sal ek bly; u volk sal my volk wees en u God my God. 17Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag יהוה so aan my doen en ook meer, as selfs die dood my van u kan skei.” 18Toe Na’omi sien dat sy vasbeslote was om saam met haar te gaan, het sy opgehou om haar te pols om terug te gaan. 19Hulle het saam gegaan totdat hulle by Beit-Legem in Y’hudah gekom het. Toe hulle in Beit-Legem kom, het dit gebeur dat die hele stad oor hulle verheugd was en hulle het gesê: “Is dit Na’omi?” 20Sy het vir hulle gesê: “Noem my nie Na’omi nie, maar noem my Mara, want die Almagtige het bitterlik met my gewerk. 21Vol het ek van hier af weggetrek en יהוה het my leeg teruggebring; hoekom my Na’omi noem, aangesien יהוה my verneder het en my deeglik geteister het?” 22Na’omi het só teruggekeer en Rut, die Mo’aviet, haar skoondogter, wat heelhartig bereid was om saam met haar terug te gaan, saam met haar. Hulle het vanaf die land van Mo’av in Beit-Legem aangekom aan die begin van die gars oes. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |